Snor werp lig op keuses
Posted by Boertjie - 13/08/08 at 01:08 pm under SpringboksDie Springbok-afrigter, Peter de Villiers, wou hom nie gister in detail uitlaat oor sy besluit om Fourie du Preez bo Ricky Januarie op skrumskakel te kies nie, maar die All Blacks was glad nie verbaas oor dié ontwikkeling nie.
Berig deur STEPEN NELL, Die Burger
“Fourie is die beste skrumskakel in die wêreld,� het die All Blacks se afrigter, Graham Henry, én een van sy assistente, Wayne Smith, gister gesê.
Suid-Afrika en Nieu-Seeland speel Saterdag op Nuweland in ’n Drienasies-rugbytoets.
Hoewel niks fout gevind kan word met Du Preez se insluiting nie, moes dit steeds vir De Villiers ’n moeilike besluit gewees het om Januarie te pos ná sy heldedaad in Dunedin. Hy het die beslissende drie in Suid-Afrika se geskiedkundige oorwinning van 30-28 gedruk.
“As jy kyk na hoeveel wedstryde Ricky in die Super14-reeks gespeel het, besef jy sy bene raak dalk nou ’n bietjie moeg. Ek dink dis die regte tyd om te verander,� het De Villiers gesê.
Du Preez se insluiting is een van verskeie veranderinge aan die span wat Saterdag maalvleis van Argentinië gemaak het.
Die meeste van Suid-Afrika se swaargewigte is terug, met Percy Montgomery wat op heelagter sy 100ste toets sal speel, Bryan Habana op linkervleuel en Schalk Burger op flank. Hulle vervang onderskeidelik Conrad Jantjes, Jongi Nokwe en Luke Watson.
Andries Bekker vervang die beseerde Bakkies Botha op slot, terwyl die flank Juan Smith sy 50ste toets vir die Bokke gaan speel.
Du Preez het baie goed vertoon toe hy as plaasvervanger teen die Poemas gespeel het. Sy diens is voortreflik en sy besluitneming is baie goed. Hy verlig ook dikwels met sy skopwerk die druk op Butch James (losskakel).
Montgomery sal die Bokke se hand verder versterk met betrekking tot taktiese skopwerk.
“Jy ken Nieu-Seeland en Percy se sterk punte. Dis wat ons in DunÂedin gehelp het. Ek dink ons moet ons weer daarop beroep in hierdie wedstryd,â€? het De Villiers gesê.
“Dis nie dat Conrad nie sy eie sterk punte het nie, maar ons soek Percy s’n vir dié wedstryd. Hy gee vir ons ’n opsie met sy linkerskopvoet.�
De Villiers het nog nie besluit wie van Montgomery of James Suid-Afrika se stelskopwerk sal waarneem nie.
“Butch het goed gevaar. Percy is een van die wêreld se beste stelskoppers, maar is nou vir ’n paar wedstryde nie aan daardie druk blootgestel nie. Dit sal nog deur my, die kaptein (Victor Matfield), Percy en Butch bespreek word.�
Pierre Spies behou sy plek as agtsteman, ondanks Joe van Niekerk se stewige vertonings daar op toer teen die All Blacks en sy kragtige vertoning van die bank teen die Poemas. Danie Rossouw is ook op die plaasvervangerbank, terwyl Frans Steyn ook laat in die wedstryd ’n troefkaart kan wees.

August 13th, 2008 at 1:36 pm
Some sound reasoning by
Piet Helium.
For a change
I hope someone read it to
the
August 13th, 2008 at 1:41 pm
For the english version
http://www.ruggaworld.com/2008/08/13/du-preez-the-best-in-the-world/
August 13th, 2008 at 1:42 pm
Reply to Boertjie @ 1:36 pm:
Maybe he should do all his interviews in Afrikaans!
Just shows you – soutie journo’s twists shit around!
August 13th, 2008 at 1:42 pm
Piet Helium…
August 13th, 2008 at 1:43 pm
Reply to Boertjie @ 1:36 pm:
Please could it be possible to have the above article translated into English?
Or does it exist a website where we can get it translated?
August 13th, 2008 at 1:45 pm
Reply to H.O. from work @ 1:43 pm:
I can translate it for you in Ali G style?
August 13th, 2008 at 1:45 pm
Reply to H.O. from work @ 1:43 pm:
OK I have already had the answer.
Thanks Donner
August 13th, 2008 at 1:45 pm
Reply to Morneno @ 1:45 pm:
Ali G style?
August 13th, 2008 at 1:48 pm
Reply to H.O. from work @ 1:45 pm:
Dont you know Ali G? Borat? Some dude from the UK
August 13th, 2008 at 1:51 pm
Reply to Morneno @ 1:48 pm:
No I don’t.
I admit to be very ignorant on this topic…
“Borat” was the title of a film played in the united states some years ago…about a Kazakh man…
August 13th, 2008 at 1:56 pm
Reply to H.O. from work @ 1:51 pm:
Yeah same guy, he is a comedian, you can google him. Speaks very weird.
August 13th, 2008 at 2:00 pm
Ali G and Borak the same guy?????
I think not.
August 13th, 2008 at 2:09 pm
Reply to Ollie @ 2:00 pm:
He is.. Believe it or not…
August 13th, 2008 at 2:14 pm
Reply to Ollie @ 2:00 pm:
Yup, same guy.
August 13th, 2008 at 2:15 pm
Reply to H.O. from work @ 1:51 pm:
Tarzan is a different
character altogether.
August 13th, 2008 at 2:25 pm
Reply to KietieCat @ 2:09 pm:
Reply to Morneno @ 2:14 pm:
Bloody hell.
August 13th, 2008 at 2:32 pm
“Fourie is die beste skrumskakel in die wêreld,� het die All Blacks se afrigter, Graham Henry, én een van sy assistente, Wayne Smith, gister gesê.
NOT ACCORDING TO FROLICK….
and since Mr Frolick has a vast knowledge of specificly #9play, we should play Ricky February…as HE on his own beat the unbeatable AB’s…
August 13th, 2008 at 2:37 pm
Du Preez may be the best scrumhalf in the world but don’t forget, Januarie was the one that turned the tide last saturday with that clever pass he lobbed over Butch James’s head.
August 13th, 2008 at 2:38 pm
Reply to fyndraai @ 2:37 pm:
n Blinde hoender kan ook soms n pit raakpik!
August 13th, 2008 at 2:39 pm
Reply to fyndraai @ 2:37 pm:
…mar die fet dat hy vir Butch geskip het – is natuurlik weer n pluimpie is sy hoed!
August 13th, 2008 at 2:42 pm
Reply to fyndraai @ 2:37 pm:
Reply to pietploos @ 2:38 pm:
Fkt, maar julle IS vandag skerp!
FdP se aangee is in ‘n heel ander
klas as Jannewarie s’n – en dis maar
net een aspek.
August 13th, 2008 at 2:44 pm
Reply to pietploos @ 2:39 pm:
Dis alles deel van :snor: se
gameplan. Maak ‘n fokop, saai
verwarring, en druk dan drieë.
August 13th, 2008 at 2:45 pm
Middag Boertjie…
August 13th, 2008 at 2:46 pm
Reply to Boertjie @ 2:44 pm:
Dit terwyl hy in daai stemmetjie van hom in sy assistent langs die kantlyn se oor praat…en hom OOK heeltemal deurmekaar het…agv van die kopseer!
August 13th, 2008 at 3:19 pm
Middag Pietploos.
Nog nie weer ingeroep kantoor toe nie?
August 13th, 2008 at 5:33 pm
Reply to Morneno @ 1:56 pm:
Don’t trick HO… he was a real Kazakstani(sic)… quite an insightful film… great Kazak wrestling scene too…