SĂł sĂȘ die Springbok-yster Frans Steyn, nadat ân storm die afgelope week rondom sy kop uitgebreek het oor sy jongste beenbesering Ă©n voortgesette beskikbaarheid vir Peter de Villiers se Bok-span.
Rudolph Lake en Medewerker (Rapport)
ân Omgekrapte Steyn het Vrydagaand vanuit Parys in Frankryk aantygings verwerp dat hy nie die âhartâ het om vir die Groen-en-Goud-trui âte sterfâ nie.
DiĂ© veelsydige kanonpoot-spelskepper sĂȘ hy wĂl steeds vir die Springbokke speel en hy sal enigiets doen om dit te vermag.
âEk het die hart om vir die Bokke te speel en ek sal op die veld vir my land sterf. Ek wil beslis in volgende jaar se WĂȘreldbeker-toernooi speel as ek goed genoeg is en sal enigiets doen om dĂt te vermag,â het Steyn gesĂȘ.
In ân eksklusiewe onderhoud sĂȘ Steyn hy voel hy is onnodig gebrandmerk as iemand wat moeilik is.
Sport24 kan vandag voorts onthul dat:
- Steyn vroeër vanjaar sonder die nodige toestemming van sy Franse klub, Racing Metro, en op sy eie onkoste na Suid-Afrika gereis het om vir die Springbokke teen Wallis te speel;
- Steyn sedert die Wallis-toets nog nie weer met Bok-afrigter De Villiers gepraat het nie;
- De Villiers op 28 Mei tydens ân vergadering met Steyn aan hom die onderneming gegee het dat hy Frankryk sou besoek om sake met Racing Metro uit te sorteer. Die Bok-afrigter het tot nou toe nog nie diĂ© onderneming nagekom nie;
- Die keurderbaas, Peter Jooste, Steyn verlede Donderdag gebel het en hom meegedeel dat hy slegs in die Bokke se planne vir die einde van die jaar se toer na Brittanje en Ierland is. Groot was Steyn se verbasing toe hy verlede Sondag gehoor het hy is in die Springbok-groep vir die oorblywende Drienasies-wedstryde ingesluit.
- Volgens Sport24 se bronne is Steyn verlede Vrydag op die laaste nippertjie in die Bok-span ingesluit nadat senior Bokke daarop aangedring het;
- Saru het nie, soos deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) vereis word, Steyn se Franse klub betyds versoek om hom van sy oorsese verpligtinge vry te stel nie. SĂł ân versoek moet veertien dae voor die betrokke tydperk gemaak word;
- Saru het aanvanklik versuim om die Franse Rugbyfederasie enigsins in dié verband te verwittig en het dit eers die afgelope Woensdag gedoen.
Steyn, wat weens ân besering in elk geval nie Saterdag teen die All Blacks kan speel nie, sĂȘ hy het geen ander keuse as om vir sy klub se toestemming te wag nie alvorens hy na Suid Afrika kan reis.
âEk is nog nie deur Racing Metro vrygestel nie en ek kan nie net loop nie. Ek het ân kontrak met hulle en ek moet dit eerbiedig. Ek het geen Bok-kontrak nie.â
Volgens Steyn word hy gebrandmerk as iemand wat nie vir die Bokke wil speel nie en word sy toewyding teenoor die Bokke bevraagteken. Dit is onwaar.
âAs dit slegs van my afhang, sal niks my van die Springbokspan weghou nie. Ek sal lewe en sterwe vir die trotse Bok-trui en het beslis die hart wat nodig is om vir die Bokke te speel.
âAlmal wat my ken, weet ek gee alles vir die span waarvoor ek speel. Ek wil hĂȘ mense moet eendag terugkyk en sĂȘ: âFrans Steyn was ân ysterâ.â
Steyn sĂȘ sy terugkeer vroeĂ«r vanjaar na Suid-Afrika om vir die Bokke teen Wallis te speel, het hom byna in baie groot moeilikheid by Racing Metro laat beland.
âEk het gedink die nodige vrystelling is gevra en gegee. Nadat ek op my eie onkoste na Suid-Afrika gevlieg het, het ek gehoor alles was nie gedoen nie.
âMet my terugkeer na FrankÂryk het Pierre (Berbizier, Racing Metro se afrigter) gesĂȘ hulle sal nie in my pad staan om vir my land te speel nie, maar dat dinge in die toekoms op die regte manier gedoen moet word en dat die regte protokol gevolg moet word.
âPeter het my op 28 Mei tydens ân noodvergadering die versekering gegee dat hy na FrankÂryk sal reis en dinge met my klub sal uitsorteer. Hy was nog nie daar nie en ek het sedert die Wallis-toets nog nie weer met hom gepraat nie.
âEk het net nĂĄ diĂ© toets gehoor dat hy sĂȘ spelers wat in Europa speel, is nie goed genoeg vir die Bokke nie want die Suidelike Halfrond se speltempo is baie hoĂ«r.
âRacing Metro betaal my salaris en behandel my goed. Ek het nie ân Bok-kontrak nie. En nou moet ek hoor ek het nie hart om vir die Bokke te speel nie.
âOngeag alles, is ek die eerste een op die vliegtuig die oomblik wat ek toestemming kry dat ek na Suid-Afrika kan gaan om vir die Bokke te speel.
âEk het die coach (De Villiers) die afgelope week gebel en vir hom ân boodskap op sy selfoon gelos. Ek het hom die versekering gegee dat ek steeds gretig is om vir die Bokke te speel,â sĂȘ Steyn.
Hy het ter afsluiting sy pleidooi aan die Bok-bestuur herhaal en sy toewyding tot die Bokke weer bevestig.
âEk wĂl weer vir my land speel as ek goed genoeg is en ek sal enigiets doen om vir Suid-Afrika te speel. Ek hĂ©t die hart Ă©n ek sal op die veld vir my land sterf.â





August 15th, 2010 at 4:12 pm
- Steyn vroeër vanjaar sonder die nodige toestemming van sy Franse klub, Racing Metro, en op sy eie onkoste na Suid-Afrika gereis het om vir die Springbokke teen Wallis te speel;

=======
Someone has been smoking
The test v Wales was played in
Cardiff, not SA.
August 15th, 2010 at 4:54 pm
Sover ek onthou het die span voor die tyd hier n oefenkamp gehad
August 15th, 2010 at 5:19 pm
Reply to Bokhoring T @ 4:54 pm:
Hier of daar?
In elk geval moes dit
duideliker gestel gewees
het.
- De Villiers op 28 Mei tydens ân vergadering met Steyn aan hom die onderneming gegee het dat hy Frankryk sou besoek om sake met Racing Metro uit te sorteer. Die Bok-afrigter het tot nou toe nog nie diĂ© onderneming nagekom nie;
- Die keurderbaas, Peter Jooste, Steyn verlede Donderdag gebel het en hom meegedeel dat hy slegs in die Bokke se planne vir die einde van die jaar se toer na Brittanje en Ierland is. Groot was Steyn se verbasing toe hy verlede Sondag gehoor het hy is in die Springbok-groep vir die oorblywende Drienasies-wedstryde ingesluit.
=======
Wat kan ‘n mens NOG sĂȘ van
die Saru-opset?
August 15th, 2010 at 5:56 pm
Reply to Boertjie @ 5:19 pm:
Ek weet darem regtig nie waarom die klein mannetjie ons hele denke so rondneuk nie. Dis nie asof ons n krisis beleef sonder hom nie. Waarom moet Jooste in elk geval moeite met die ou doen. Laat hom daar bly ons het genoeg hier wat nes hy kan doen. As ons wil ver skop try dan Daniller of Riaan van Griekwas.
Boonop het Steyn maar skaars 5 wedstryde in sy loopbaan op 15 gespeel. Wie se hy sal goed vaar, die kere wat hy getry is was sy enigste bydrae sy skoppe.
August 15th, 2010 at 6:03 pm
Reply to superBul @ 5:56 pm:
Ja, my keuse op 15 sal Lambie
wees, maar nou neuk hulle met
hom op 10.
Miskien weet hulle beter.
Wat Tina betref:
My klagte is oor die gekkespul,
die heen-en-weer, onsekerheid,
gerugte ens.
En dit kan tog nie so moeilik
wees om dit vir eens en altyd
uit te sorteer nie.
En DIT is Saru se taak.
August 15th, 2010 at 6:08 pm
Reply to Boertjie @ 6:03 pm:
Ek is jammer dat PdeV weer die oorsese spelers nader getrek het , dit het nou weer n blik wurms oopgemaak.
August 15th, 2010 at 6:10 pm
Het jy die artikel gelees waar Heynecke Meyer se wat hy sal doen teen die ABs?
http://www.rugby-talk.com/?p=16484#more-16484
August 15th, 2010 at 6:24 pm
Frans kom speel by die Leeus onder John Mitchell!
August 15th, 2010 at 6:26 pm
Weereens is dit eerder Frans se skuld as die van Pieter of Jooste of die res van die narre.
Ja nee wat ek gee moet op, hopenlik eendag sal mense wakker skrik om te sien dat al wat Pieter en sy sirkus vermag in SA Rugby is om mense met bullshit te vermaak en almal hang aan hulle lippe.
Frans sal in enige land instap as die nr 1 heelagter. Dan sal hy ook spanne haal as senter en loskakel.
Reply to superBul @ 5:56 pm: Jy lewe in ‘n droom wereld as jy dink jy kan Daniller of Riaan in die selfde asem noem as Zain en Frans. CC sterre beteken nie hulle maak dit op internasionale vlak nie.
Die grooste probleem ek het met al die
is dat elke week is daar nog net meer
van Pieter en sy sirkus. Al waaroor daar gepraat word van die eerste verloor teen NZ is Pieter se doen en late en niks word gepraat oor wat verkeerd is met Springbok rugby of ons spelers nie. Ek sien bokke rugby wat gaan kom tot ‘n val en dit gaan ‘n grote wees.
Persoonlik reken ek daar is meer hier aan die gang as wat ons regtig weet en dit is hartseer.
Ek hoop regtig al die goed is die einde van die
maar ek twyfel dit sterk maar sonder hoop het mens niks so ek bly hoop ons Springbok rugby is oppad boontoe en nie verder ondertoe nie.
Van die HIGH van 2008 se 3N en Lions series wen na die
laat nogal ‘n
smaak in ‘n mens se bek na en nee dit is nie as gevolg van al die
wat ek praat nie.
August 15th, 2010 at 6:28 pm
Reply to superBul @ 6:10 pm:
Sal hom laai – dankie.
August 15th, 2010 at 6:35 pm
Reply to Jacques(Bunny) @ 6:26 pm:
om jou kan jy seker niks positiefs sien nie. Daar is baie berigte wat wys dat die Bokke glad nie so diep in die
is as wat jy beweer nie.
jis ou met al die
Lees weer PdeV se onderhoud met al die
gedagtes oor hom gebere en jy sal sien die man het n punt. Motivering onder veral die Bul spelers was verseker moeilik.
En dan het PdeV glad nie verkeerd gewees nie toe hy die refs aangevat het nie. Minstens spreek hy sy mind. Hoskins ook deur agter die coach te staan. Julle wil tog nie weer deur die politieke
gaan nie.
August 15th, 2010 at 7:40 pm
Reply to superBul @ 6:35 pm: Ja ek hoop ek is verkeerd al al die
August 16th, 2010 at 6:03 am
The English version…
Rudolph Lake and Correspondent
Johannesburg â âI will die for South Africa on the field.â
That was the reaction from Springbok fullback Frans Steyn following the storm that erupted around him over his leg injury and availability for Peter de Villiersâs Springbok team.
An upset Steyn on Friday night rejected accusations that he did not have the âheartâ to âdie forâ the Green and Gold. He said that he still wanted to play for the Springboks and would do anything to achieve it.
âI have the heart to play for the Boks and will die for my country on the field. I would love to play in next yearâs World Cup if Iâm good enough and would do anything to achieve that,â said Steyn.
In an exclusive interview, he said that he had been unnecessarily been labelled as a difficult person.
Sport24 can also reveal the following:
Steyn travelled to South Africa without permission from French club Racing Metro at his own cost to play for the Springboks against Wales.
Steyn has not spoken to De Villiers since the Wales Test.
De Villiers gave Steyn an undertaking during their meeting on May 28 that he would visit France to sort out matters with Racing Metro. The Bok coach has not done this.
Selection convenor Peter Jooste phoned Steyn last Thursday to tell him that he is in South Africaâs plans for the tour to Britain and Ireland. Steyn was surprised when he learned that he was in the Springbok squad for the remaining Tri-Nations games.
According to Sport24âs sources, Steyn was included in the squad last Friday at the insistence of senior Boks.
SARU did not, as required by the International Rugby Board (IRB), request a release from Steynâs French club for a release. Such a request has to be lodged 14 days in advance.
SARU only informed the French Rugby Federation about their intent this past Wednesday.
Steyn, who cannot play against the All Blacks on Saturday in any event because of injury, says he has no option but to wait for his clubâs permission before he can travel to South Africa.
âI have not yet been released by Racing Metro and canât just go AWOL. I have a contract with them that I have to honour. I donât have a Bok contract.â
Steyn says he has been labelled as someone who does not want to play for the Boks and his commitment to the team is wrongly being questioned.
âIf itâs just up to me, nothing will keep me from the Springbok team. I will live and die for the Bok jersey and definitely have the heart to play for the Boks,â he said.
âEveryone who knows me knows that I give my all for the team I play for. I want people to look back and say one day that Frans Steyn made a difference.â
Steyn said that his return to South Africa earlier this year to play against Wales had nearly landed him in big trouble.
âI thought the necessary clearance had been asked and granted. After flying to South Africa at my own expense, I heard that everything had not been done,â he said.
âPierre Berbizier (Racing Metro coach) said on my return that they would not stand in my way to play for my country, but that things have to be done in the correct manner in the future and that the correct protocol had to be followed.
âPeter gave me the assurance at an emergency meeting on May 28 that he would travel to France and sort things out with the club. He has not been there yet and I have not spoken to him since the Wales Test.
âI heard after the Test that he said that the guys playing in Europe are not good enough for the Boks and that the Southern Hemisphereâs pace is much quicker.
âRacing Metro are paying my salary and are treating me well. I donât have a Bok contract. And now I have to hear that I donât have the heart to play for the Boks.
âI phoned the coach last week and left a message for him on his phone. I gave him the assurance that Iâm still eager to play for South Africa.â
He concluded by repeating his plea to the Bok management and confirmed his commitment to the Boks.
âI want to play for my country again if Iâm good enough and Iâd do anything to play for South Africa. I have the heart and will die for my country on the field.â