Die Super-rugbyreeks van 2013 kan in ’n logistieke nagmerrie ontaard en gaan ‘n invloed hê op die Super 15.
JJ Harmse, Die Burger
Die Leeus se toer gaan beteken dat loslootjies in die Super-reeks gemanipuleer moet word en dat sommige van die Australiese spanne wedstryde in dié Suidelike Halfrond-reeks sonder hul Wallaby-verteenwoordigers sal moet speel.
Die Leeus land op 2 Junie 2013 in Australië.
Die eerste vier van hul wedstryde word teen dié land se ÂSuper-spanne in die toegekende toetsvenster vir Sanzar se inkomende toere gespeel; met die laaste twee toetse van dié toer en ’n wedstryd teen die Melbourne Rebels wat ná die grasietyd vir toere beslis word.
Dit kan meebring dat die vier streekspanne waarskynlik sonder hul Wallaby-verteenwoordigers sal moet speel en dat die Rebels waarskynlik een van hul loslootjies sal prysgee om die Leeus te akkommodeer.
Die ander Aussie-spanne sal ook loslootjies moet prysgee of bepalings sal so aangepas moet word dat minstens drie van dié land se spanne in dieselfde naweek ’n ruskans sal hê.
Dit is nog onseker tot watter mate dié verwikkelinge direk of indirek ’n invloed op plaaslike bepalings sal hê, want derbies tussen spanne in Nieu-Seeland en Suid-Afrika kan moontlik wel dié knelpunt verlig.
KINGS SE TOETREDE
’n Ander kopseer vir Sanzar se base is dat die span van die Kings in 2013 ook sy toetrede tot die reeks moet maak.
Dit is volgens ooreenkomste wat skynbaar tussen rugbybase aangegaan is.
Hoe nóg ’n ekstra span ingepas gaan word in ’n seisoen wat reeds onder groot druk is ten opsigte van oop datums vir wedstryde, sal nog gesien moet word.
SPRINGBOKKE OOK GERAAK
Al dié onduidelikhede versterk die menings van kritici dat die nuwe formaat van die Super- rugbyreeks nie goed deurdink is nie.
Met die beste spelers van Ierland, Skotland, Wallis en Engeland deel van die Leeus-toer, beteken dit ook dat die Springbokke teen Italië, ’n verswakte Skotse span en ’n vlak-2 land se span sal speel in hul drie inkomende toetse.
Saru sal waarskynlik dié toetse na kleiner toetssentra soos Nelspruit, Bloemfontein en Oos-Londen skuif – ’n stap wat tot heelwat minder inkomste vir die unies in 2013 sal lei.
*Bepalingslys
1 Junie: Barbarians (Hongkong)
5 Junie: Western Force (Perth)
8 Junie: Reds (Brisbane)
12 Junie: NSW en Queensland- Platteland (Newcastle)
15 Junie: Waratahs (Sydney)
18 Junie: Brumbies (Canberra)
22 Junie: Australië, 1ste toets (Brisbane)
25 Junie: Rebels (Melbourne)
29 Junie: Australië, 2de toets (Melbourne)
6 Julie: Australië, 3de toets (Sydney)









November 29th, 2011 at 1:53 pm
Kry vir julle bliksems.
November 29th, 2011 at 1:56 pm
Reply to Morné @ 1:53 pm:
Braai in julle eie
November 29th, 2011 at 2:04 pm
Every one of the S15 teams want them in their cities… don’t really blame them when the two weeks in Melbourne alone are projected to bring in over $50mill…
I enjoyed the 2001 BIL tour in Melbourne more than the 2003 RWC games… nothing quite like 5000 BIL fans cavorting around the city… some of the best behaved fans one could want…
November 29th, 2011 at 6:30 pm
Perception of their behaviour in SA was vastly different and in Joburg in particular they behaved awfully and the media severely criticized their belligerent loutish behaviour here.