Lions stuur op ‘n ramp af

April 16, 2012
Posted by

Die Lions se Super-rugby-seisoen stuur nou af op ’n tragedie ná Saterdag se buurmansbesoek van die Bulls op Ellispark.

Pieter Jordaan, Beeld

Nie net wat uitslae betref nie, maar die beseringskrisis is ook nou tot ramp verklaar.

Die Lions is nóg twee slotte kwyt nadat die jong Stephan Greeff waarskynlik sy been gebreek het en sy plaasvervanger, die Pumas-slot Marius Coetzer, knieligamente geskeur het.

Die slotte Michael Rhodes (knie) en Ruan Botha (enkel) is in die voorsei­soen beseer, en Wikus van Heerden (harsingskudding) en Paul Willemse (skouer) is in die Lions se eerste sewe wedstryde tot pasiënte verklaar.

G’n wonder die Lions se lynstane is in die toestand wat dit is nie.

Hul eerstekeuse-haker, Bandise Maku, is ook voor die aanvang van die seisoen ernstig beseer en die agtsteman Warren Whiteley, een van hul lynstaanwapens, se knie gaan hom ook vir drie maande uit aksie hou.

Met Greeff en Coetzer nou ook op die rooilys, het die afrigter, John Mitchell, en sy voorspelerbreier, Johan Ackermann, ’n enorme probleem.

“Maar dit (sulke beserings) is wat gebeur as jy naderhand jou vierde- of vyfdekeuse-spelers inspan,” het Mitchell gesê.

Maar die beserings is steeds slegs die tweede grootste probleem in die Lions-kamp. Hulle het tot onder op die puntelys gegly en moet dringend wedstryde wen, waarvan amper die helfte oorsese wedstryde is.

Die telling in Saterdag se nederlaag met 18-32 vlei buitendien die Lions, inaggenome dat die Bulls se Morné Steyn met vyf stelskoppe misluk het.

“Ja, volwassenheid en individualisme is tans ons doodsteek,” het Mitchell erken.

“Ons het aan die begin van die wedstryd uitgestyg, en toe maak ons ’n fout. Dit is omdat sommige mense steeds kies om te doen wat húlle wil eerder as om by die plan te hou.”

Dit was CJ Stander se drie kort ná rustyd vanaf ’n Lions-fout wat die Nieu-Seelander moedeloos gehad het.

“Uiteindelik moet jy vra hoe lank ons nog wil leer. Ons vaste vyf was vanaand weer flou en lyk nie of hulle ’n volledige wedstryd aanmekaar kan sit nie.

Hulle speel net plek-plek (goeie rugby),” het Mitchell gesê.

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

5 Comments

  1. avatar bryce_in_oz says:
    April 16th, 2012 at 9:14 am

    Yet again it was clear this last weekend that the Lions are a far more competitive team when they play a more direct, tight game and have the personnel to play that way!

    But Mitchell continues to force his ‘way or the highway’ game-plan over winning all the way until they’re wooden-spooners again…

    Quite frankly I’m sick of all these two-bit dour Kiwi coaches when there is far better within the borders… and now the Kings have fallen for it…

    Hit the road Plum-for-brains and Mitchell…

  2. avatar out wide says:
    April 17th, 2012 at 4:36 am

    Reply to bryce_in_oz @ 9:14 am: so Bryce was Mitchell ok when he did pretty well with the resources he had at the Force?

    Pity they have to tour downunder otherwise the obvious solution to the lock crisis would have been for Heyneke to send Matfield down the road from where he works.

  3. avatar DavidS says:
    April 17th, 2012 at 8:47 am

    Reply to out wide @ 4:36 am:

    Hahahahahahahah

    Ja Randburg where he works is about 30 minutes drive from Ellis Park!

    Maybe he can teach Franco VD Merwe a thing or two…

  4. avatar bryce_in_oz says:
    April 17th, 2012 at 9:31 am

    Reply to out wide @ 4:36 am:

    Mitchell has never had any decent success at Super rugby level…

  5. avatar Deon says:
    April 17th, 2012 at 10:39 am

    Stuur op een af. Ek dink hulle is lankal daar

Switch to our mobile site