Nog ’n naweek, nog ’n Bokspan.
Kyk op die oog af lyk die groep spelers nie sleg nie en baie mense sal bly wees om die name van Jaco Taute en Elton Jantjies in die groep te sien, maar as ons kyk na die name wat nog steeds daar is, dan kan ’n mens maar net wonder wat die plan van onse Heyneke gaan wees vir die volgende twee toetse.
Nieteenstaande die kritiese na die Bok toets teen Nieu-Seeland, blyk dit Heyneke nog steeds gaan hou by sy nommer een keuse op losskakel, Morné Steyn, óf as sy begin speler, óf as ’n inpak speler (wat waaragtig nie sin maak nie). Meyer het tog gesê dat ’n week se rus tussen rondtes 4 en 5 is al wat Morné sal nodig hê om sy self-vertroue te herwin.
Nou ek is geen spesialis in kop-kondisionering nie (wat blykbaar Morné se probleem is), maar as hy nie self-vertroue kon terug wen na 3 weke se rus voor die Engelse toetse nie dink ek nie een week sal hom help nie Heyneke. Meer as dit, ’n speler wat sukkel met selfvertroue in sy spel gaan dit nie terug kry deur op sy gat te sit en daaroor te dink nie, hy gaan dit terug kry deur te speel op laer vlakke waar die druk minder is. So kan iemand vir Heyneke op sy Walkie-talkie in die hande kry en vir hom net laat weet dat ons in die middel van ’n Currie Beker seisoen is?
Die Springbokke sit nou met 3 losskakels in Morné, Goosen en Jantjies, en so vêr ek kan sien, gaan een van hulle net tekkel-sakke dra vir 2 weke.
Daar blyk dieselfde probleem op heelagter te wees. Waar ek geen twyfel het dat Jaco Taute groot spore on Springbok rugby gaan trap nie, kan ek net vir Tank Lanning aanhaal dat sy insluiting in die Bok groep niks minder gaan wees as ’n situasie waar hy met Lambie sal moet baklei wie die vier laaste minute van die wedstryd van die reserwebank sal opkom.
Dit is so dat Taute as veelsydige speler opgeroep is (’n rugby rugby-doodsvonnis in sigself) en dat hy wel in beide senter posisies, vleuel en heelagter vir die Leeus al uitgedraf het, maar die kanse dat hy Frans Steyn, die kaptein De Villiers, Hougaard of Habana sal lig is skraal – inteendeel, dit sal selfs krimineel wees as hy enige van daardie posisies van die bank af sal dek inplaas van spesialiste in daardie posisies.
Maar kyk, ten minste is hy daar en die groot plan met Meyer sal seker wees om hom aan die Springbok-kultuur bloot te stel (kan hulle nie net ’n video maak nie?).
Dit is wel goed om die kragman Coenie Oosthuizen terug te sien na ’n besering en dat daai rimpelkring Dean Greyling die trekpas gegee is, maar die insluiting van CJ van der Linde in die groep beteken dat ons vyf stutte het vir twee toetse het? Ek weet nie of enigiemand vir my die logika daarin kan verduidelik nie?
Laastens wil ek net vra hoekom ek nog die naam van Jacques Potgieter in daardie groep moet lees? Is daar ’n reël waarvan ek nie weet nie wat sê dat die Bok-span se gemiddelde IK nie ’n sekere syfer mag oorskry nie?
Vir al die name wat ek sien in die groep lyk dit nie of Meyer veel gaan torring aan sy beginspan nie, al wat ek wel weet, Meyer kan nie nog ’n verloor bekostig nie, veral nie op eie bodem nie.









September 23rd, 2012 at 4:20 pm
Wel kom ons begin by die stutte, daar is nou 5 van hulle, CJ v d Linde (oor die muur), Beast Mtawarira, Jannie du Plessis, Coenie Oosthuizen en Pat Cilliers. Die probleem met ondervinding beteken okk te lank in die tand partykeer en CJ is dit wel.
Hakers.
Burden, Strauss en Liebenberg.
Slotte.
Andries Bekker, Eben Etzebeth, Juandre Kruger en Flip v d Merwe.
Losvoorspelers.
Willem Alberts, Marcell Coetzee, Duane Vermeulen, Francois Louw en Jaques Potgieter (useless)
Skrumskakels.
Ruan Pienaar (veroderstel Hougaard is nou ook n’ “Utility player”
Losskakels.
Meester Morne Steyn (wat de hel moet hy doen om gedrop te word), Elton Jantjies (sal geen gametime sien nie, en Johan Goosen (seker nog n’ 25 minute cameo)
Senters.
Frans Steyn, Jean (kan nie pass nie) de Villiers en Juan (het by Jean geleer om nie te pass nie) de Jongh.
Vleuels.
Bryan (wens ek kan n’ drie druk van n’ “move” af) Habana, Francois (dank die Vader ek kry gametime) Hougaard. Lwasi (moenie vir my skop nie) Mvovo
Heelagter.
Zane (landing strip) Kirchner.
Utility spelers.
Pat (splinters in my gat) Lambie en Jaco (wag vir splinters in my gat) Taute.
Iets laat my dink agterspel vir Meyer is net n’ nagedagte, die spelers soos Jantjies, Lambie en Taute wat kan pass, gaan nie veel speelkans kry nie, ons gaan nog steeds stampkar rugby speel met die forward pods, en die res moet net vokken skop.
September 23rd, 2012 at 5:07 pm
Reply to biltongbek @ 4:20 pm:
September 23rd, 2012 at 5:10 pm
Potgieter en VD Linde is net
daar omdat hulle beter pale
toe skop as Morne Steyn.
Geen ander rede nie.
September 25th, 2012 at 10:46 am
Heard that Taute was running at 12 when Francois couldn’t practice and Elton was alternating with Morne in the flyhalf channel.
Must say, I would love to see Elton get some meaningful game time this weekend, but if Goossen recovers he will probably not even see the bench.
September 25th, 2012 at 11:26 am
Reply to Craven @ 10:46 am:
Taute at 12… interesting…
Will Heyneke play a 5/2 split with so many utility players now?
I hope so…
September 25th, 2012 at 2:24 pm
Reply to bryce_in_oz @ 11:26 am:
Bryce one wonders…
Hougaard and Taute on the bench?