Wat ‘n naweek van rugby!

October 21, 2012
Posted by

Wat ’n naweek van rugby resultate!

Die All Blacks was toe gestuit in hulle mars na ’n nuwe rekord van 18 agtereenvolgende toets oorwinnings deur Australië in Brisbane en die Curriebeker eindstryd is geboek vir Durban volgende naweek.

Cheetahs en Kings

Maar kom ons begin by Vrydag waar die Vrystaatse Cheetahs die Kings lelik pak slae gegee het in Bloemfontein in hulle promosie/relegasie wedstryd.  Daar was wel ’n stadium wat die Kings goed gelyk het vir so 15 minute maar hierdie wedstryd was so eensydig soos mens kon verwag – en as jy dit nie verwag het nie, stel ek voor jy kry ’n nuwe sport om te volg.

Niks teen die Kings nie maar dit is maar nou net so dat die gaping tussen one eerste divisie spanne en die van die tweede divisie ’n groot een is.  Dat die Kings oor die afgelope twee jaar verbeter het as ’n span is daar nie veel stryery nie, maar die manne van die Oos-Kaap het nog ’n lang pad om te stap.  Wat die hele affêre van Super Rugby deelname en die feit dat eerste divisie semi-finaliste, die Leeus, moes pad maak vir die Kings no meer belaglik maak.

Volgende week vind die tweede been van die promosie/relegasie wedstryd plaas in Port Elisabeth en ek verwag ’n soortgelyke, indien nie ’n groter pak slae nie.

Wallabies en All Blacks

Toe kom die Aussies Saterdagoggend en stuit waaragtig die All Blacks in hulle spore!  Nou wie sou dit kon raai?  As ’n Suid-Afrikaner was dit die allerbeste resultaat wat ek kon verwag, Nieu-Seeland kan nie die rekord van 17 agtereenvolgende toetse meer breek nie en die Aussies het ook nie die toets gewen nie!

Van die toets wil ek net een opmerking maak.  Dit is nogal snaaks toe die All Blacks ’n skeidsregter kry wat hulle skelmstreke by die losskrums begin straf het hulle maar bra gemiddeld begin lyk het…

Curriebeker semi-finale

Maar kom ons beweeg na die Curriebeker semi-finaal wedstryde van gister.

Eerstens het die Sharks die Blou Bulle ore aangesit in die Tank in Durban en was dit nie vir die toestande nie sou hulle sekerlik 50 punte teen die Pretorianers opgesit het.  Die Bulle was net mooi nêrens in hierdie wedstryd nie en is in elke aspek van die wedstryd geklop.  Van die veel verwagte tweestryd tussen Morné Steyn en Patrick Lambie het daar toe ook nie veel van gekom nie, maar dit is meestal te danke aan die feit dat Morné glad nie in hierdie wedstryd was nie.

Dat die Sharks met meeste van hulle jongelinge begin het teen so te sê ’n volle sterkte Blou Bul span spreek ook boekdele, onse Heyneke sal mooi moet verduidelik as hy volhou om sekere Bulle vir die Bokke se einde van die jaar toer te kies.

In Johannesburg was dit drama.  ’n Vervelige eerste helfte was omskep in ’n vurige vertoning van albei spanne in die tweede.  Dat Jantjies soveel skoppe pale toe gemis het wat hy voorheen toe-oë sou oorsit sal by hom en sy afrigters spook lank.  Ek het ophou tel na drie maklike mislukkings en so dapper soos WP was om nooit tou op te gooi nie sal die Leeus vanoggend probeer uitwerk hoe hulle hierdie wedstryd verloor het.

Met slegs twee minute oor het die Leeus ’n skop deur die pale gejaag wat basies hulle plek in die finaal geboek het, net vir die Leeus om ’n skoolseun fout te maak deur die bal terug te vat in hulle 22 en direk uit te skop.  WP met net sekondes oor het toe ’n lynstaan bal 18 meter van die Leeus se doellyn gewen en ’n rolmaal beweging aan die gang gekry waaroor hulle ondersteuners nog jare oorgaan praat.  Sewentien meter verder en die WP se agsteman Duane Vermeulen druk toe die wendrie wat bepaal het dat WP volgende naweek na Durban sal reis vir die eindstryd.

Met die Curriebeker wat nou na einde se kant toe staan is ek toe gevra om my span vir die jaar bymekaar te sit.  Ek deel graag my span met julle hieronder en voel vry om julle eie 15-tal voor te stel.  Net een nota op die span is dat ek nie Bokke oorweeg het wat ’n week voor die semi-finaal teruggekom het nie

My Curriebeker-span vir 2012 is:

  1. J.C. Janse van Rensburg (Leeus)
  2. Ryno Barnes (Griekwas)
  3. Jacobie Adriaanse (Leeus)
  4. Michael Rhodes (Leeus)
  5. Anton Bresler (Sharks)
  6. Deon Fourie (WP)
  7. Justin Downey (Griekwas)
  8. Keegan Daniel (Sharks)
  9. Jaco Reinach (Sharks)
  10. Butch James (Leeus)
  11. Rocco Jansen (Griekwas)
  12. Tim Whitehead (Sharks)
  13. Robert Ebersohn (Cheetahs)
  14. Raymond Rhule (Cheetahs)
  15. Louis Ludik (Sharks)

Spelers wat ek graag ’n plek wou vind is; Steven Kitshoff (WP), Scarra Ntubeni (WP), Callie Visagie (Leeus), Lourens Adriaanse (Griekwas), Ross Geldenhuis (Cheetahs), Franko van der Merwe (Leeus),  Marnus Schoeman (Griekwas), Jean Deysel (Sharks), Arno Botha (Bulle), Warren Whiteley (Leeus) Michael Bondisio (Leeus), Walter Venter (Bulle), JP du Plessis (WP), Willie le Roux (Griekwas).

Tot volgende keer!

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

Tags: , , , , , ,

25 Comments

  1. avatar biltongbek says:
    October 21st, 2012 at 11:30 am

    Goeie seleksies daar Morne, maar my sewe sal die ourtjie van die Leeus wees, Kriel.

  2. avatar Vetgesmeerde Blits says:
    October 21st, 2012 at 1:21 pm

    Is dit net ek of lyk Frans Malerbe en Pine Pienaar soos ‘n identiese tweeling?

  3. avatar Morné says:
    October 21st, 2012 at 1:42 pm

    Gekry op Twitter:

    Leeus het ‘n nuwe borg vir volgende jaar… (Omo) Oeee eh eh… ONLY ONE CUP IS ENOUGH!!

  4. avatar KingPaul says:
    October 21st, 2012 at 3:40 pm

    hahaha
    Ek het so paar keer weer gekyk, en of ek was dalk al lekker gewyn, maar ek kon sweer dit was Deon “Brannas” Fourie wat WP se wen drie gedruk het?

  5. avatar Kat says:
    October 21st, 2012 at 3:55 pm

    Morné, daai moet of wees Walter Venter van Griekwas of Francois Venter van Bulle.

  6. avatar Morné says:
    October 21st, 2012 at 3:58 pm

    Reply to Kat @ 3:55 pm:

    Fok!

    Sorry man.

    Reply to KingPaul @ 3:40 pm:

    TV ouens het gese Duane!

  7. avatar Morné says:
    October 21st, 2012 at 3:59 pm

    Reply to Kat @ 3:55 pm:

    Die Bulle se een, Francois.

  8. avatar KingPaul says:
    October 21st, 2012 at 4:05 pm

    Reply to Morné @ 3:58 pm:
    TV ouens was dalk net so gesuip soos ek!! Het op ‘n stadium na ou Kobus Wiese geluister, lanklaas so ‘n teleurgestelde komentator gehoor!hahaha
    Nee man, gaan kyk weer, Brannas het die bal onder sy arm gehad vanaf die lynstaan afgekom het. Dink meeste ouens, tv komentators ingesluit, het heeltyd vir Eben se cheeks gekyk!!

  9. avatar KingPaul says:
    October 21st, 2012 at 4:10 pm

    From wprugby.com:
    Tries by replacement Joe Pietersen and a try basically at full-time by captain Deon Fourie saw Allister Coetzee’s men score this impressive win in Johannesburg against all odds going into the final few minutes as they trailed on more than one occasion.

    So ek was nog half nugter…. :lol:

  10. avatar Kat says:
    October 21st, 2012 at 4:11 pm

    Jaco Kriel van Leeus was vir my een van die uitstaande nuwe juwele in die CB. Daai lat het krag én spoed. Iewers gaan daar nog plek vir hom gemaak word. Hy hou tans vir Minnie op die bank.

  11. avatar KingPaul says:
    October 21st, 2012 at 4:15 pm

    Reply to Kat @ 4:11 pm: Adrianse, Rhodes en Coetzee is ook spelers om dop te hou. Veral Coetzee is gevaarlik elke keer wanneer hy aan die bal vat.

  12. avatar Morné says:
    October 21st, 2012 at 4:16 pm

    Reply to Kat @ 4:11 pm:

    Justin het dit vir my geswaai oor die feit dat ek reken hy agter n gemiddelde vaste vyf gespeel het en nog steeds perform het. Die Leeus het vir my die beste vaste vyf van die kompetisie gehad.

  13. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 10:59 pm

    s

  14. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 10:59 pm

    p

  15. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:00 pm

    O

  16. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:01 pm

    0

  17. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:02 pm

    k

  18. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:03 pm

    w

  19. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:04 pm

    e

  20. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:04 pm

    r

  21. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:05 pm

    f

  22. avatar Oranje Orakel says:
    October 21st, 2012 at 11:07 pm

    Anyway, nie ‘n kruPPel span dAAi nie Morne

    Miskien moet ek nie so gatvol vir RobertE wEEs OOr sy boetie se stront nie!

  23. avatar Mug Punters Organisation of South Africa says:
    October 22nd, 2012 at 12:07 am

    Robert Ebersholm should be considered for his organization skills. He is a great leader as is always shuffling players and trying something new.

    Glad about Rhodes, he is actually a brilliant player and a hard bastard. Very underated.

    Walter Venter as Kat mentioned.

  24. avatar out wide says:
    October 22nd, 2012 at 2:45 am

    Van die toets wil ek net een opmerking maak. Dit is nogal snaaks toe die All Blacks ’n skeidsregter kry wat hulle skelmstreke by die losskrums begin straf het hulle maar bra gemiddeld begin lyk het…

    A bit mischievious Morne it is not as he reffed the AB’s for the first time but let it be. The real factors for a flat tryless AB game likely include the dead rubber factor, the players are human afterall and with both the Rugby Championship and Bledisloe Cup won already there was little at stake other than this “record” about which more is made out of the country than within it. The players are all professionals as are the support structures but the death of coach Steve Hansen’s father in Christchurch this week where the players were preparing must have had an effect. The counter to this is that the team would have been playing for their coach. The biggest factor is the Wallabies themselves. As has been alluded to in the media, nobody, least of all the bookies, foresaw how good this Walllabies “B” team would be. The intensity of trans-Tasman rivalry is no small thing and players will rise to the occassion as the NZ netball girls found out when the World’s #1 side walloped #2 by a record 20 points in Sydney this weekend.

  25. avatar Mug Punters Organisation of South Africa says:
    October 22nd, 2012 at 4:13 am

    Reply to out wide @ 2:45 am: agreed and it been said that once you remove the AB;s advantages they get from managin the ref they look very vulnerable.

    They get away with murder. At scrums the flankers shift at pushing directly inward on the prop .

    Ritchies is so offside half the time he looks like a magic man every where but watch closely he seams to be in his own game with his own rules.

    He tried the Fitzpatrick trick trying to get the penalty reversed by following on a bit. How can 1 player get more ngthen 3 warnings, team get an official warning and at the very next scrum he is off before the ball is out.

    Why does Ritchie get singled out. Players are frustrated that refs dont do a good job.

    We can beat the AB’s just not by been dumb, you know like keeping the ball in the forwards when they are down to 14.

Switch to our mobile site