WP leer SA Rugby ‘n les

October 28, 2012
Posted by Morné

Die internet ensiklopedie Wikipedia het sy eerste verskyning gemaak in daardie jaar.  Die wêreld was geskud toe terroriste in die World Trade Centre ingevlieg wat die torings tot die grond toe neer gebring het en tot gister, was dit die laaste keer wat Westelike Provinsie die Currie-beker omhoog gehou het.

11 Jaar is a blerrie lang tyd, vra maar vir enige WP ondersteuner, maar binne net 80 minute van rugby kon ondersteuners van die Kaapse span sekerlik die bier self proe uit Suid-Afrika se mees gesogste trofee, die Currie-beker.

Dit was ’n titaniese stryd gewees, een wat elke webtuiste, omroeper en koerant  voor die afskop die Haaie gekies het as hulle gunstelinge om as wenners van die veld te stap, maar dit was ’n manuskrip wat die WP span duidelik nie gekry het nie.

Julle almal het seker al die tipiese rugby verslae gelees van die wedstryd so ek gaan nie veel daarop konsentreer nie anders as vir die feit dat die spel van rugby ons elke jaar leer dat reputasie tel vir bitter min as jy tussen daai 4 lyne instap.

Ek het die voorwedstryd gekyk waar die Blou Bulle geploeter het teen ’n verswakte WP O/21 span om hulle trofee te wen en kon nie help dink wat John Dobson sou kon doen met die 6 spelers wat hy moes afstaan vir die senior span vir die groot finaal nie.  Dat die WP O/21 die Blou Bulle op die dag (soos die Pretorianers op die dag gespeel het) ore sou aangesit het, het ek min twyfel oor, maar ek het ook gevoel dat sulke jong manne sal sukkel teen die geharde baarde van die Sharks wat ’n klomp Springbokke in hulle arsenaal gehad het en ook hulle derde finaal in drie jaar gespeel het.

Maar dit is miskien presies die tipe les wat ons moet leer uit die wedstryd.

Dit is nou maar so dat jy ’n balans moet handhaaf in enige span tussen jongelinge en senior spelers, maar waar ons huidig meer neig om soveel moontlik senior spelers in ’n span te stoot onafhanklik van hulle vorm bo ’n jong onervare speler in goeie vorm is miskien ’n gemoedstoestand wat elke Suid-Afrikaanse afrigter kan hersien, want soveel as wat ’n senior speler ondervinding bring na enige span, bring die jong manne ’n kanniedood houding wat nog nie verkrag is deur die konserwatiewe afrigting wat ons spelers stelselmatig in drone verander nie.

Jy sien, so af en toe herinner die kêrels ons dat dit nie saak maak wat die vorm-boek voor die tyd sê nie of wat geskiedenis vir ons vertel nie, as jy jou stewels vasmaak en jou trui oor jou kop trek en tussen daardie 4 lyne indraf, bly dit eenvoudig 15 spelers teen 15 ander spelers en enige iets is dan moontlik.

So soet soos die oorwinning vir WP en hulle ondersteuners was gister, is die les wat ons daaruit kan leer een vir die hele Suid-Afrika.

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

Tags: , , ,

9 Comments

  1. Jacques(Bunny) Jacques(Bunny)WP Jong Bloed says:
    October 28th, 2012 at 1:36 pm Reply to this comment

    Dit behoort ‘n begin van ‘n fantastiese era the wees vir SA Rugby as ons die jong manne reg inkry.

    As ons vandag ‘n Junior Bok span kies uit die ouens wat 23 en jonger is sal ons meeste vand ie wereled se spanne kan klop of naby kom.

    Ouens soos Eben gee my baie moed vir die volgende vier jaar, ek dink HM is spoiled met talent hy moet dit net reg gebruik met sy senior manne en nie die jong ouens se moed breek in die proses nie.

    Glo nogsteeds in HM en dat hy ons rugby na die volgende vlak sal vat.

    Hoe laat kondig hulle die Bokgroep aan vandag, Morne?

  2. Morné Morné says:
    October 28th, 2012 at 1:55 pm Reply to this comment

    Reply to Jacques(Bunny)WP Jong Bloed @ 1:36 pm:

    14:00

  3. DavidS Champion Supporter DavidS says:
    October 28th, 2012 at 4:06 pm Reply to this comment

    History was against the Sharks though.

    They have only ever won a single final at Kings Park and that was against the Bulls in 2010

  4. Morné Morné says:
    October 28th, 2012 at 4:57 pm Reply to this comment

    Reply to DavidS @ 4:06 pm:

    That was against WP.

  5. Bekke Bekke says:
    October 28th, 2012 at 7:12 pm Reply to this comment

    Nee wat, enigste hoop as dat Hak Hak Meyer nie die jong manne beinvloed met sy k@k skop en bid spel nie!! Soos met Pivvie was die skrif reeds aan die muur met sy eerse paar games (seleksies an gameplan) – tog is daar “kenners” wat steeds dink hy is pad iewers….

  6. Boertjie Boertjie says:
    October 28th, 2012 at 7:54 pm Reply to this comment

    Reply to Bekke @ 7:12 pm:

    Gee die man ‘n kans. Hy het nie 2007 se
    WB-kampioene geërf soos met Piet Helium
    die geval was nie.

  7. Duiwel Duiwel says:
    October 28th, 2012 at 10:50 pm Reply to this comment

    Melodramatiese maar goeie article
    Ware rugby woorde

  8. Pokkel_Sharks Pokkel says:
    October 29th, 2012 at 9:30 am Reply to this comment

    So unfortunately I was right. The favourites tag weighed too heavily on the Sharks.

    I really excited about next year’s S15. The Sharks should have a great squad.

    Well done WP!! Congrats! :applause:

  9. Craven Craven says:
    October 29th, 2012 at 11:09 am Reply to this comment

    Biggest lesson learned on Saturday?

    Ackerman on how Christmas can come twice in one year. :whistling:

Switch to our mobile site