Cheetahs wil uitreik na ondersteuners

November 2, 2012
Posted by

So drie weke terug het ons ‘n artikel geplaas wat Brendon Shields as ‘n brief aan Vrystaat Cheetahs se president, Harold Verster, geskryf het.  Verster het die brief gesien en dit belangrik genoeg gedink om te antwoord op die vrae wat gevra is.

Deur Susan Maré

DIE besturende direkteur van die Vrystaat-Cheetahs, Harold Verster, het op versoek van Vrystaat gereageer op Brendon Shields se betoog dat die platteland die Cheetahs kan bevorder. Vrystaat het Shields se betoog op Donderdag 18 November as hoofnuus op die sportblad aangebied. Vrystaat deel vandag graag Verster se reaksie met sy lesers.

Platteland naby aan Verster se hart

Die platteland lê my persoonlik na aan die hart, omdat ek op Vrede in die Noordoos-Vrystaat gebore is en tot standerd ses daar grootgeword het.
Ek het rugby gespeel en aan atletiek deelgeneem en baie van die dorpe en plekke in die Vrystaat tydens my laerskooljare besoek soos Bethlehem, Harri-smith, Kestell, Warden, Frankfort en die Riemland-wêreld. Daardie wêreld lê diep in my hart ek sal alles in my vermoë doen om Vrystaat-rugby se beeld en boodskap daar baie sterk uit te bou en te vestig.

Die afskeep van die platteland

Brendon Shields is bekommerd dat ons die platteland afskeep en nie genoeg doen om die Vrystaat-Cheetahs se beeld daar uit te bou nie.

In die eerste plek wil ek daarop wys die gedeeltes van Brandfort af en die res van die Vrystaat is eintlik onder die jurisdiksie van die Griffons-rugbyunie en dit is nie sonder meer maklik vir Vrystaat om rugbywedstryde daar te reël nie.

Ons het wel ’n baie goeie verstandhouding met ons vennoot, die Griffons, en ons sal probeer om in die volgende seisoen wanneer ons SuperRugby bemark ook meer bemarking in die Noord- en Noordoos-Vrystaat te doen. Ons moet ook dieselfde in die Noord-Kaap in die Griekwas se gebied doen.

Wedstryde op Bethlehem

Ons het per geleentheid wedstryde op Bethlehem aangebied en dit was baie suksesvol. Ek het self in die 1970’s daar gespeel en dit was aangenaam en lekker om saam met ons familie en vriende in daardie wêreld rondom die rugbyveld te kon kuier.

Talle spelers kom van die Oos-Vrystaat

Daar is talle toprugbyspelers wat van die Noordoos-Vrystaat kom en wat vir die Vrystaat gespeel het. Ons hoofafrigter, Naka Drotské, is van Senekal en so het talle Vrystaatse seuns soos Jannie en Bismarck du Plessis, Hendro Scholtz, Frederich Lombard, Dougie Heymans, Ruben Kruger, Steven Brink, Boela du Plooy, Anton Pitout, Piet van Zyl – om maar net enkeles te noem – uit daardie geweste na Bloemfontein gekom om vir die Vrystaat rugby te speel.

Dit is ’n baie goeie voorstel van Brendon om weer opnuut te kyk om ons beeld in daardie gebiede te vestig. Dit is so dat met die vertrek van Jannie en Bismarck en ander Vrystaters na die Sharks ons skade aangedoen is.

Baie van die ondersteuners in daardie gebied het hulle na die Sharks gevolg.

Ongelukkig kon ons Jannie en Bismarck nie meer bekostig nie weens die klein begroting waaroor die Vrystaat in vergelyking met die Sharks beskik.

Ons doen egter nou alles moontlik om ons topspelers hier te hou en daarom het ons langtermynkontrakte met Coenie Oosthuizen, Johan Goosen, Adriaan Strauss en ander sterre in ons geledere.

Rugbyprogram oormatig vol

Een van die groot probleme is die rugbyprogram wat so oormatig vol geword het dat Curriebeker-rugby tydens toetsrugby gespeel word en die toeskouers en ondersteuners dit moeilik vind om al die rugby te volg. Benewens dit kos rugby deesdae baie geld, veral vir plattelandse ondersteuners om na Bloemfontein en terug te reis.

Ons sal dus na nuwe strategieë kyk om ons plattelandse ondersteuners naby ons te hou en om ons beeld by hulle uit te bou en nuut te vestig.

Nuwe planne vir uitreik na platteland

Ons sal probeer om na die platteland uit te reik met die aanbied van gholfdae, kuieraande en ook die road shows wat ons na die plattelandse streek wil onderneem.

Ek moet sê Brendon het ’n belangrike hartsnaar van my raakgetokkel, omdat Vrede diep in my siel lê en die Riemland deel van my lewe is.

Ek sal dus uit ’n persoonlike perspektief meer wil doen, maar ook uit ’n sake-oogpunt is dit noodsaaklik vir die Vrystaat-Cheetahs om opnuut sy beeld in daardie gebiede te vestig.

Met die boodskap ’n woord van dank aan Brendon dat hy ons opnuut laat dink het en ons sal ons bes doen om weer opnuut na die bemarkingsaksies te kyk.

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

Tags: ,

10 Comments

  1. avatar biltongbek says:
    November 2nd, 2012 at 2:20 pm

    Knap gedaan aan die Vrystaat Rugby Unie, dit is nie elke dag wat jy hierdie tipe van terug voering kry van n’ Unie af nie.

  2. avatar Pokkel says:
    November 2nd, 2012 at 7:32 pm

    Baie nice van hom op die brief te antwoord. Kom ons hoop hy kan implimenteer.

    Net een ding. Anton Pitout se Pa het net hier buite Newcastle geboer en sover ek weet het hy hier groot geword.

  3. avatar Morné says:
    November 2nd, 2012 at 8:00 pm

    More importantly, well done to Brendon!

    Shows you folks, anyone can contribute on this site, we are more than happy to publish if you feel you have something to say – and we will get it to the people that matter if you want.

  4. avatar Jacques(Bunny)WP Jong Bloed says:
    November 2nd, 2012 at 8:15 pm

    I second that :respek:

  5. avatar bryce_in_oz says:
    November 3rd, 2012 at 1:51 am

    Bringing rugby to the people…

  6. avatar Americano says:
    November 3rd, 2012 at 2:21 am

    A quick scan of this article yielded no reference to ” Willie LeRoux “.
    Had it done so I woulda’ google translated it quicker than you could say ” Messerschmitt ”
    :D

  7. avatar bryce_in_oz says:
    November 4th, 2012 at 3:05 am

    Reply to Americano @ 2:21 am:

    Haha classic… you all flooded in on your side?

  8. avatar Americano says:
    November 4th, 2012 at 8:03 am

    Nah – I’m Westside-yo :D
    Bryce-This Jesse Williams kid from Aus playing for college football Alabama is a monster and going to make huge $ in NFL.
    http://sportsillustrated.cnn.com/2012/writers/andy_staples/01/05/lsu-alabama-aussies-rule/

    This part at the end was hilarious. Guaranteed 75% of us where he’s at think this and probably 50% of the USA as a whole….
    ” Williams said Americans also should ignore what they’ve learned about Australia from Outback Steakhouse ads, Foster’s commercials and the Discovery Channel’s Shark Week. “Probably about three percent of what people think about Australia is true,” Williams said. “We don’t ride around on kangaroos. There aren’t sharks filling every bit of water in the ocean.”

  9. avatar The Year of the Cheetah says:
    November 4th, 2012 at 4:58 pm

    I have since asked myself if we wont make more progress had we redefined transformation to mean the simple exploitation of ALL available resources and not just the ones that’s easy to attain.

    A union like the Cheetahs should for example have the folowing targets per year out of 22 starting players:

    2 should be previously disadvantaged players
    2 should be black players

    (there is a huge fucking difference)

    2 players from ‘other’ feeder school in immediate radius of union. (read not Grey)
    2 should be players from feeder schools outside of of the immediate radius of the union.

    Thats 8 players out of 22 yet using this model teams will get a lot more buy-in from a whole community to support a team.

    The census figures released a week ago can also explain what wrong with this region. Between Kwas and Cheetahs we are by far the biggest piece of land mass yet constitute the smallest population. The few people in small towns outside of Bloem thus have to travel vast distances on B-roads to support the team in the city.

    FS rugby must therefore work their arses off to accommodate travelling fans.

  10. avatar The Year of the Cheetah says:
    November 4th, 2012 at 5:05 pm

    bursaries. thats the answer

    stop contracting young players. rather give them a year bursary that will allow them to move to the city and work with the union for a year.

    Currently the only way a kid can get this is if his folks are rich enough to send him to Varsity.

    I remember a good friend of our family packing his car and driving down to Cape Town this young prop who at the time was playing club rugby in Bethlehem after school.

    Amazingly the kid got a trial run at WP and after a few scrumming sessions WP decided to take a chance on him.

    His name is Faan Reautenbach

    He played SA schools out of Northern Freestate and was offered a chance to study in Pretoria yet for economic reasons he had to start work to help support his family.

    Just how the feck SA rugby almost let slip that talent no-body knows. And I bet every year we lose at least 2 potential world stars because the system still neglects kids who a) dont go to big schools and b) kids whose folks can t pay to have them at Varsity

Switch to our mobile site