Beast uit toets

Die Springbok-stut Beast Mtwarira is kort voor die afskop van die toets tussen Suid-Afrika en Ierland in Dublin, weens hartkloppings onttrek.

Volgens die Keo-webtuiste het die Springbok-spanbestuur die nuus bevestig.

CJ van der Linde, wat op die plaasvervangerbank gekies is, sal Mtwarira op loskopstut vervang.

Die hartkloppings is ‘n oorerflike probleem waarvoor die stut in Februarie vanjaar in die hospitaal was, het Sport24 berig.

Leave a Reply