Swartes het beter kans by Lions

December 22, 2012
Posted by

Virgili Lacombe, Franse haker van Toulouse, is die vierde oorsese speler wat die Kings vir 2013 se Superrugby geteken het.

Skuimkop in Die Burger

Hy voeg hom by die weliswaar puik Argentynse Nicolas Vergallo en Thomas Leonard en die Nieu-Seelander Hadleigh Parkes, van wie sy eie ouers waarskynlik nog nie gehoor het nie.
Ten spyte daarvan dat hulle wéét julle mag net twee oorsese spelers kontrakteer. Cheeky Watson, hul indoena, onderhandel glo met Saru.

Ag, dalk is Parkes ‘n puik speler wat op onverklaarbare wyse op 25 deur die Kiwi-net geglip het. Lacombe se CV lyk self nie te vrot nie. Maar die blessitse Kings doen nou net mooi niks van alle die mooibroodjies wat hulle ons gebak het om die Lions se plek in Superrugby te kry.

►Om die waarheid te sê: ‘n Jong swart speler het, Skuimkops insiens, dan nou ‘n veel groter kans om vir Lions gekies te word as vir die Kings! Onderhandel met Saru? Gits, Skuimkop wens Saru gaan dié blikslaers sommer met ‘n boete kap vir vermetelheid.

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

One Comment

  1. avatar Boertjie says:
    December 22nd, 2012 at 10:57 am

    Makes me wonder how many foreigners the Kings
    will be allowed for the play-offs with the Lions?
    And will there be a quota of black players in
    Cheeky’s team – seeming that the Kings are all
    about transformation?

    First prize will be the Kings (two blacks)lose
    to the Lions (five blacks).

    :Boertjie GOM:

Switch to our mobile site