Saru sê nee vir Cheeky

January 27, 2013
Posted by

Saru byt vas: Die Kings sal net twee oorsese spelers toegelaat word in die Superrugbyreeks – nie vyf nie.

Rudolph Lake, Rapport

Dis amptelik. Daar sal geen uitsondering gemaak word vir die Southern Kings om dié seisoen met meer oorsese spelers in die Super-reeks te speel as die twee wat die ander deelnemende Suid-Afrikaanse spanne toegelaat word om te kies nie.

Die Kings het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) versoek om hulle toe te laat om tot vyf oorsese spelers op ’n slag in te span.

Dié versoek is verlede jaar van die hand gewys, maar die Kings-baas, Cheeky Watson, het Saru vroeër vandeesmaand gevra om daaroor te besin.

Die Oos-Kapenaars se pleidooi is gevolglik Vrydag tydens ’n bestuursvergadering van Saru opnuut bespreek.

Volgens Rapport se inligting was die meerderheid van die bestuurslede gekant daarteen om ’n uitsondering vir die Kings te maak en is hul versoek weer en finaal van die hand gewys.

’n Amptelike verklaring in dié verband deur Saru word môre verwag.

Die Kings speel vanjaar die eerste keer in die Super-reeks.

Hulle neem die plek van die Leeus wat uit die reeks weggelaat is ná ’n besluit deur Saru dat die Oos-Kapenaars ’n geleentheid gegee moet word om hul staal te wys.

Saru se besluit om die Kings speelkans in die gesogte Super-kompetisie te gee, was grootliks gegrond op die streekspan se beloftes om rugby in die streek te transformeer en die spel op voetsoolvlak te ontwikkel.

In rugbykringe is daar egter groot ongelukkigheid oor dié besluit en word Watson-hulle daarvan beskuldig dat hulle voete sleep wat beloofde transformasie betref.

Die OP, die ankerunie van die Kings-franchise, het byvoorbeeld verlede jaar tydens die halfeindronde van die Eerste Liga ’n leliewit-span in die veld gestoot.

Voorts is die Kings se hoof- en hulp-afrigter, Matt Sexton en Brad Mooar, albei vanuit Nieu-Seeland afkomstig.

Die Kings se eerste wedstryd is op 23 Februarie in Port Elizabeth teen die Force

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

4 Comments

  1. avatar Boertjie says:
    January 27th, 2013 at 1:31 am

    Suddenly – and quite belated – one of the scarce
    Saru commodities unveiled: BALLS.
    :roll:

  2. avatar Ollie says:
    January 28th, 2013 at 11:45 am

    Reply to Boertjie @ 1:31 am:

    If only they would unveil them when sitting around the SANZAR table

  3. avatar DavidS says:
    January 28th, 2013 at 2:21 pm

    My suspicion is that yet again it was not SARU but SANZAR that showed balls.

    If it were up to SARU they’d bend like FNB…

    Bets on given what happened at Force and Rebels that SANZAR would be in no mood to accommodate a politically motivated breach of the rules.

    #hopetheKingsgetf**ked

  4. avatar Morné says:
    January 28th, 2013 at 3:15 pm

    Reply to DavidS @ 2:21 pm:

    Not in this instance, the 2-only rule is SARU’s rule, not SANZAR. Rebels are allowed to have 5 or something (Aus made their own concession in this regard)

Switch to our mobile site