Dowwe Superreeks skop af

February 17, 2013
Posted by

Die Mol ys as hy dink daar lê nog ’n hele 22 weke van dié tjommel-kompetisie voor.

/Die Mol, Rapport

So tussendeur al die drama rondom Oscar het die 2013-weergawe van die Superreeks toe ook stil-stil afgeskop. En ai, die eerste twee kragmetings Doer Onder was net soos in die verlede – vervelig en ’n mors van tyd om dop te hou.

Die Mol ys as hy dink daar lê nog ’n hele 22 weke van dié tjommel-kompetisie voor.

Die Super-reeks se glans het volgens Die Mol totaal verdof die dag toe hulle dit vyftien spanne en drie konferensies gemaak het.

Voor dit, toe dit nog 14 spanne was en jy teen almal gespeel het – en nie soos deesdae omtrent elke tweede week teen jou bure nie – was dit ’n ware kompetisie. Nou nie meer nie.

Die Mol leef in vrees vir die moontlike skandes wat die Kings die volgende maande kan maak, daarom het hy besluit om eerder sy televisie te verpand voordat hy dit dalk stukkend skop uit frustrasie. Veral as die Bulle gaan speel soos hulle sing.

Daar is gelukkig genoeg ander rugby om te gaan kyk. Soos die heerlik aangename Varsitybeker en -skild-kompetisies, asook Saru se blink splinternuwe klubrugby-reeks.

Dié manne wil nog rugby speel, hulle het nog ’n passie vir die spel en dit gaan nie oor geld of roem nie.

Die Mol was juis die afgelope week in Port Elizabeth om NNMU en Wits dop te hou. Dit was ’n ervaring om die studente te sien deel in die Varsity-inisiatief om die spel oral te bevorder.

Vreugde!

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

8 Comments

  1. avatar Jacques(Bunny)Die wat nie hier is nie is elders!! says:
    February 18th, 2013 at 7:40 am

    Wat ek nog altyd gese het :whistling:

  2. avatar Vetgesmeerde Blits says:
    February 18th, 2013 at 8:30 am

    Not a good wat to start the season. There is nothing more boring than an Australian derby.

  3. avatar Craven says:
    February 18th, 2013 at 9:03 am

    “Daar is gelukkig genoeg ander rugby om te gaan kyk. Soos die heerlik aangename Varsitybeker en -skild-kompetisies, asook Saru se blink splinternuwe klubrugby-reeks.

    Dié manne wil nog rugby speel, hulle het nog ’n passie vir die spel en dit gaan nie oor geld of roem nie.”

    Really? You don’t think the guys playing Varsity Cup is doing it in the hope of getting noticed by provincial coaches? Yeah right.

  4. avatar The Year of the Cheetah says:
    February 18th, 2013 at 9:30 am

    Well at least I am a Cheetah supporter. Win or lose I can switch on the telly and most of the time will be entertained.

    Its unfair that one team gets to have Willie, Goose, Rhule AND Sadie in it as 89 of this years best 100 SA backline moments will be generated by those 4.

    To the poor sods who have to sit through another season of Stormers ‘winning’ rugby I say good luck. The term ‘ja well no fine’ was developed specifically to describe you guys. You win 16-14, score one try, tackle all game long, reach the semi, and then lose.

    While my boys put 40 past the Hurricanes in New Zealand and then bliksem it all away against the Highlanders a week later! Nerve wrecking stuff, but entertainment nontheless.

    Thank heavens we have the Reds and Rebels in the competition who also try to play the game.

    Yet my bet is for the Bulls to play a kiwi team in final, and lose.

  5. avatar Deon says:
    February 18th, 2013 at 1:20 pm

    “Thank heavens we have the Reds and Rebels in the competition who also try to play the game.”

    Glad to see you watched the Reds game. They had such good attacking nous. NOT!!!!!

    Been on the piss again?

  6. avatar Morné says:
    February 18th, 2013 at 1:32 pm

    Reply to The Year of the Cheetah @ 9:30 am:

    Stop reading Clarkie’s tweets on how ‘great’ Aussie rugby is and actually make an effort to watch the games.

  7. avatar JT_BOKBEFOK! says:
    February 18th, 2013 at 1:38 pm

    Reply to Morné @ 1:32 pm:

    hehe, I watched both games and the Brumbies Reds game bored me. Some good battles at the breakdown but inept ref made a mess of what could have been a good battle.
    Rebels v Force game I found entertaining – The Force look quite dangerous and it will be interesting what they can manage in SA the next few weeks.
    Kings will have to pull finger to beat the Force this weekend.

  8. avatar The Year of the Cheetah says:
    February 20th, 2013 at 11:07 am

    Ozzie derbies for some reason always boring. Its the one game they play like they are scared to lose – pretty much how we play all our games.

Switch to our mobile site