Ons moet ons spel op klub vlak bevorder

March 31, 2013
Posted by

Ek was onlangs ietwat ontsteld toe ek ’n tweet lees waar iemand gesê het hulle sou eerder skole rugby wou sien oor die Paasnaweek as die nuwe Community Cup klub kompetisie.

In die eerste plek dink ek skole rugby is deesdae meer professioneel as die Vodacom Cup met laaities wat rondhardloop met meer borge op hulle truie as wat Atletiek Suid-Afrika deesdae het en nie eers om te noem die onwettige gebruik van steroïedes waarvoor hulle nie getoets mag word nie maar almal weet gebruik word in meer as 60% van spelers op die vlak.

Nie om soos ’n ou rimpelkring te klink as dit by skole rugby kom nie, maar wat is lekkerder as om ’n klomp kêrels op ’n rugbyveld te sien wat die spel speel vir geen ander rede as vir die liefde daarvoor nie?  Met ander woorde, klub rugby.

Suid-Afrika het ontsettend baie talent en diepte as dit kom by rugby en dit was al menigte kere genoem dat as ons eendag ons strukture reg kan kry sal ons wêreldrugby domineer – maar in ’n era waar geld alles domineer, raak dit ook al hoe meer moeilik.

Die onlangse debakel met die Varsity Cup waar dit blyk dat ’n kompetisie wat vir amateurs bedoel is deur unies gemanipuleer en as ’n grondslag vir hulle professionele spanne gebruik word, het weereens die punt bewys dat ons nie genoeg in ons amateur arms belê nie.  En as ons die hart van die sport (amateur rugby) verwyder wat vir my, jou en elke ander rugby-liefhebber aan die spel blootgestel het, sal die spel uiteindelik sterf.

Nou Suid-Afrikaanse Rugby het ontsettend baie in die afgelope twee jaar gedoen om die spel op klub vlak weer ’n kans te gee en die Community Cup is definitief ’n stap in die regte rigting, maar daar kan soveel meer gedoen word en ek reken ons geld-manne, of professionele spelers, kan ’n groot rol speel in die opsig.

Is die amateurs in die spel nog belangrik genoeg om tyd en geld in te belê?  Wel, ek dink in die huidige struktuur waar slegs ’n hand vol spelers dit gaan maak op ’n professionele vlak onderskat ons almal net hoe belangrik die amateurs nog is vir die spel.

Jy sien die amateur is grootliks die ou wat nie raakgesien is op skoolvlak of in die regte skool was nie en geen ander opsie het om sy affiliasie met die spel op klub rugby voort te sit nie.  Hy is ook die ou wat sy televisie subskripsie elke maand betaal om sport te kyk en honderde rande spandeer aan rugby kaartjies, truie en al die ander bemarkings foefies wat spanne mee opkom vandag.  Hy is die ou wat elke dag eerste die agterblad van die koerant lees of ’n rugby webblad as sy tuisblad het wat hy eerste besoek voor enige iets anders.

Met ander woorde, in ’n sport wat vandag slegs bestaan danksy sy kommersiële waarde, is die amateur die ou wat dit op die einde dryf – verloor daardie nommers en jy verloor die spel of jy sien dit morf in een of ander aaklige vorm soos wat in krieket gebeur met die IPL en T20 nonsens.

In die jare wat ek betrokke was met klub rugby was daar altyd een groot probleem – nommers en/of belangstelling.  Dit was nooit dat die ouens nie lief is vir die spel nie, maar as jy jou gat af werk vir 8 tot 10 ure ’n dag, 5 of meer dae ’n week, is twee ure in twee dae van die week saans nie die grootste motivering vir jou nie.

En dit is nie net die spelers nie, jou afrigters moet ook ontsettend baie persoonlike tyd en opofferings maak om iets in die spel terug te sit.  So hoekom kry ons nie die manne wat dit voltyds doen en ’n kakhuis vol geld daarvoor betaal word om bietjie van hulle tyd op te offer om klub en skole rugby te bevorder nie?

Elke professionele speler in die land moet geregistreer wees by ’n klub.  Dit beteken dat ’n Gio Aplon, Pierre Spies, Bismarck du Plessis, Schalk Burger en die honderde ander spelers iewers met die lyn af aan ’n klub ook behoort – of hulle nou ooit die klubhuis van binne gesien het, is ’n ander vraag.

Nee, ek glo nie die spelers moet geforseer word om uit te draf vir die klub nie, maar wat stop hulle om ’n uur of twee elke twee weke by sy klub deur te bring en te help met afrigting of om ’n mentor te wees vir jong of amateur spelers?  Watse waarde en belangstelling vir die spel sal dit nie bring vir die amateur speler of afrigter nie?

In gister se Community Cup semi-finaal tussen Rustenburg en Despatch het ek opgemerk dat Springbok legende, Danie Gerber, ou Despatch man homself wat gespeel het die laaste keer toe hulle die kompetisie gewen het in 1988, saam met die afrigters en reserwes langs die veld staan.

‘Hoe wonderlik’ het ek gedink – en wat beteken dit nie vir daardie klub spelers (meeste wat nog nie eens gebore was die laaste keer toe Despatch die kompetisie gewen het nie) net vir die feit dat hy daar was saam met hulle, vergeet van die kennis wat hy met hulle kan deel!

Nou ek haat dit om mense te probeer forseer om iets te doen, maar ek glo ook dat SA Rugby strukture duisende rande in ons professionele spelers belê, ’n belegging wat maklik teruggewerk kan word net deur hulle eie tyd te belê in die klubs wat hulle eintlik in elk geval aan behoort?

Toets ten minste net die konsep.  Kyk hoeveel spelers volgende Dinsdag opdaag by SK Walmers, of College Rovers se oefening, noem dan vir hulle dat ’n Gio Aplon, of ’n Bismarck du Plessis volgende Dinsdag by hulle klub sal wees om met die voories of backs te werk vir ’n uur en sien hoeveel manne daag dan op!

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

Tags: ,

4 Comments

  1. avatar The Year of the Cheetah says:
    April 1st, 2013 at 1:08 am

    I think a great many clubs are run by people from a totally different epoch and thus are deemed irrelevant.

    Clubs divide towns where they should unite them. There are too many small bullshit clubs who exist only because Oom Piet will over his dead body ever unite with Oom Dirkie and his clan.

    What we need is for a sponsor like FNB to pull a Red Bull and start their own competition whereby they predetermine certain regions who can enter.

    Simple example. If FNB says Bethlehem must enter as a team, they automatically amalgamate 3 clubs who are each too small to ever do anything. The same goes for Aliwal North or Ermelo.

    Yes by all means lets push this level of rugby, but asking clubs with their entrenched cultures to serve rugby and not themselves is maybe a bridge too far.

  2. avatar DavidS says:
    April 1st, 2013 at 8:03 pm

    Reply to The Year of the Cheetah @ 1:08 am:

    Ek wil nou nie te veel verder aangaan nie, maar jy praat nou kak.

    Liklier scenario

    Oom Dirkie runs the old white club

    Loyiso the black one in the township

    Zachmad the coloured one in their township

    None of them want to give up their power and in any case they don’t like each other…

    Question: Is the present system working for the community
    Answer: Yes

    Solution: Leave them alone.

  3. avatar The Year of the Cheetah says:
    April 1st, 2013 at 8:53 pm

    Reply to DavidS @ 8:03 pm:

    great for communities where it works. in my community rugby is all but dead.

  4. avatar Timeo says:
    April 1st, 2013 at 11:34 pm

    Recreational players should organize and pay for their own recreation. That’s it.
    If you can’t find 30 guys in town willing to that then you have no rugby and it’s no concern for the rest of us.

    Perhaps, that is good thing. If you are over 22 with no prospect for a pro-contract, you are well advise to stop playing rugby anyway. Too many health risks.
    Stay in shape with a safer sport and watch rugby on the telly.

Switch to our mobile site