Ons beste rugbybrein sit eenkant

February 20, 2014
Posted by

Waar is Brendan Venter? Hoekom sit een van die land se heel beste rugbybreine op die kantlyn?

Maroelamedia

Suid-Afrika se voorraad rugbyafrigters wat werklik met die bestes in die wêreld kan kompeteer is maar yl gesaai.

Hierdie stelling mag in sekere kringe as hoogs debatteerbaar gereken word. Suid-Afrika het immers al twee Wêreldbekers gewen, die Bulls het al drie keer die Superrugby-trofee gewenen verskeie Suid-Afrikaanse spanne het al die eindronde van die kompetisie gehaal.

Suid-Afrika is boonop maande lank al amptelik die naasbeste rugbynasie ter wêreld en verskeie Suid-Afrikaanse afrigters is oral in die wêreld – van Australië en Nieu-Seeland tot in verskeie Europese lande – op verskillende vlakke aktief by rugby betrokke. Hoe kan dit dan gesê word dat ons nie genoeg goeie afrigters het nie?

Feit is dat ons tegnies goeie afrigters het en dat die enorme rugbytalent van ons land hiermee saam sukses op baie vlakke bring. Maar het ons genoeg manne wat innoverend kan dink? Is daar nie te veel afrigters wat die wiel oor en oor uitvind en die toepassing daarvan deur drilwerk en oefening vervolmaak, sonder om ooit enigiets nuut uit te dink wat rugby na die volgende vlak kan neem?

Neem nou maar die Stormers as voorbeeld. Hulle het oor die afgelope paar seisoene seker die naaste daaraan gekom om ‘n volmaakte verdedigingspatroon te implementeer. Maar toe verleer hulle in die proses die kuns om drieë te druk.

Ná drie seisoene waarin die Stormers en die WP telkens die beste verdedigingspatroon in elke kompetisie waarin hulle betrokke was gehad het, kom daar toe verlede jaar ‘n afrigter te voorskyn wat, ná net drie maande in beheer van die Haaie, die WP se verdedigingspatroon aan flarde skeur en die Curriebeker terugvat Durban toe.

Dié afrigter was Brendan Venter, seker die skerpste rugbybrein in Suid-Afrika, maar in sy eie land nog hoogstens ‘n ongeëerde profeet.

As Venter se CV as afrigter bestudeer word, is dit byna onbegryplik dat hy tans nie by enige hoëprofielspan in die land betrokke is nie. Ná verlede jaar se Curriebekerreeks, waarin hy binne drie maande in Durban sukses behaal het in ‘n nuwe omgewing met nuwe personeel en jong spelers, het Venter homself weer in sy dop teruggetrek en laat weet dat hy eers weer op sy mediese praktyk in die Kaap wil fokus. Later is berig dat hy by ‘n skolespan gaan uithelp en nog later was daar ook sprake dat hy die Kings as konsultant gaan bystaan.

Die feit dat hy nog nie ‘n groot aanbod van ‘n internasionale span gekry het nie, moet iets te doen hê met Venter se persoonlikheid. Dis bekend dat hy nie ‘n man is wat doekies omdraai nie. Hy is nie bang om sy mening uit te spreek nie, al is dit dikwels aweregs.

Hy is besis nie ‘n vissie wat getrou saam met die stroom swem nie en in Europa word hy as omstrede beskou weens verskeie redes. In sy boek “One team one country” beskryf Edward Griffiths Venter soos volg: “Eiewillig en nie bang om sy mening te lug nie. Venter is soms deur diegene in die spanbestuur wat hom nie geken het nie as ‘n moeilike kalant beskou, maar sy sterk beginsels en oortuigings het tog in die algemeen respek afgedwing.” Onthou, hierdie woorde is geskryf in 1995, byna 20 jaar gelede, toe Venter nog 26 jaar oud was.

Later het Nick Mallet erken dat Venter as 30-jarige speler in 1999 die brein was agter Suid-Afrika se ikoniese oorwinning teen Engeland in die Wêreldbeker se kwarteindstryd. Jannie de beer se vyf skepdoele was die gevolg van ‘n strategie wat Venter as spanmaat van De Beer aan die bestuur van daardie span voorgestel het.

As speler het Venter nooit werklik genoegsame erkenning gekry nie, hoofsaaklik omdat baie afrigters nie mooi geweet het hoe om dié man met sy sterk persoonlikheid en uitgesprokenheid te hanteer nie. Daar was altyd die pro-Venter en anti-Venter groep rondom hom, maar diegene wat saam met hom gestaan het, kon altyd laaste lag, want hy was nie maklik verkeerd in sy ontledings en opinies nie.

Sedert sy speeldae het sukses Venter gevolg oral waar hy gaan. Hy is ‘n revolusionêre denker, maar hy is ook ‘n doener wat sy idees suksesvol in die praktyk kan implementeer. Hy het as speler/afrigter by London Irish oorgeneem toe dié klub op die snelle afdraande pad was.

‘n Paar jaar later was hy ‘n kampioenspan en die spelers kon nie uitgepraat raak oor Venter se aanslag en metodes as afrigter nie.

By Saracens het hy saamgespan met ‘n groep Suid-Afrikaanse sakemanne wat ‘n klub met ‘n Suid-Afrikaanse geur in London wou vestig. Binne ‘n paar jaar is dié klub omskep van een van die gemiddeldes tot ‘n voorste aanspraakmaker op die Engelse Premierliga én die Heinekenbeker. Vandag is Saracens een van daardie klubs vir wie almal graag wil speel, nie net oor hul sukses nie, maar ook weens die besonder aangename sosiale omstandighede wat vir die spelers geskep is.

Verlede jaar was Venter se aanstelling by die Sharks hoogs omstrede. John Smit het ‘n baie groot kans gewaag om skoon te maak op Kinspark, sodat hy die toekoms op sy terme kon aanpak. Maar die een ding wat hy reg gedoe het, was om Brendan Venter te kry om hierdie oorgangsfase tot by Jake White se oorname te bestuur.

Die resultaat spreek vanself en die wyse waarop die Sharks die Curriebeker met ‘n groot groep jong en onervare spelers teruggewen het, was iets besonders. Uiteindelik het Brendan Venter toe ook ‘n bietjie erkenning gekry.

Nou bly die vraag: Die man sit in die Kaap en bestuur sy mediese praktyk, terwyl hy praat van skolespanne of die Kings bystaan. Hy is ook nie meer by die Junior Bokkies betrokke nie.

Hoe op aarde gebeur dit dat hierdie meesterlike rugbybrein nog nie deur een van die groot unies in Suid-Afrika nadergetrek is nie? Kan niemand hom bekostig nie, of is daar in Suid-Afrika nog steeds ‘n versigtigheid teenoor mense wat nie bang is om oorspronklik te dink nie?

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

5 Comments

  1. avatar Americano says:
    February 20th, 2014 at 9:46 pm

    One glimpse of “Brendan Venter” & it was off to google translate for me.

    Agreed boertje- where is the guy? He needs to be in a better spot. A seed won’t grow if planted in shadow – & he is with the likes of Smit & Jake White.

    He needs sun & fun. He needs to be a part of the organizarion that hails from the “Vatican of SA Rugby”….Cheetah Field.

    Brendan Venter please join the ranks of the Fun Bunch!

  2. avatar DavidS says:
    February 20th, 2014 at 11:05 pm

    Because SA rugby is a game of politics… and Brendan’s mouth tends to write cheques people take note of… and put away to take out when they want payback of grudges…

    Pathetic?

    But the truth iis that it happens the same in Australia, New Zealand and all top rugby countires… good coaches sidelined because of their mouths.

  3. avatar Boertjie says:
    February 21st, 2014 at 12:35 am

    @Americano:

    I have seen bits of TERRIBLE Google translations -
    like it’s been done by a robot.
    I hope you followed the drift well enough?

  4. avatar out wide says:
    February 21st, 2014 at 3:08 am

    nice article Boertjie. Food for thought. With a man like him in “the Kaap” why aren’t the Stormers management beating a path to his door to coach / consult some attacking rugby into their defence befok backline?

    As your article puts it succinctly, he may be a prickly character and it will be interesting how he and King Carlos get along at the Kings. However at the Stormers, Alastair seems like an even tempered sought of guy and could surely work with a rugby brain like Brendan?

  5. avatar Americano says:
    February 21st, 2014 at 5:42 am

    Came out fine Boertje.
    There were quite a bit of Afrikaans writeups on Messerschmitt-Willie in his pre-frame days. that’s what originally took me to Goog translate.
    You’ll recall the postings back thenon RW of how he was too small, couldn’t tackle, too reckless to be a test player ad nauseum…
    I think we can all agree….those were some very dark times.

Switch to our mobile site