Dis nie net Bulls wat spelers oppot nie

March 23, 2014
Posted by

Baie is gesê oor BRENDAN VENTER se storie oor die oppot (hoarding) van spelers. Dit strek natuurlik wyer as die Bulls.

Wim van der Berg, Maroelamedia

As die Bulls en die Blou Bulle omgekrap is oor oud-Springbok Brendan Venter se stelling dat hulle spelers “oppot”, is dit sekerlik nie omdat dit onwaar is nie, maar stellig omdat hy nagelaat het om die ander franchises oor dieselfde kam te skeer.

Nie dat die Bulls en die BBRU te opgewonde oor kritiek is nie. Hoë bome vang die meeste wind en hulle het immers Suid-Afrika se enigste twee Supertitels en loshande die meeste Curriebekers sedert hulle onstaan in 1938 gewen.

Feit is dat die veeleisende Superprogram vereis dat ‘n franchise genoeg reserwekrag móét hê vir rotasie en as hy sy hoop op sukses en oorlewing wil behou. Om net een voorbeeld te noem: die Stormers sit tans met ses beseerde slotte! Die unies met die beste reserwekrag is natuurlik ook die unies wat soveel spelers kán bekostig.

Kom ons kyk dus ook bietjie na twee van die ander Suid-Afrikaanse franchises.

Die Sharks

Hulle het sewe losvoorspelers in hul aangekondigde 2014-Supergroep. Jacques Botes, wat die meeste Curriebekerwedstryde nóg gespeel het (en toegegee nou dalk ietwat lank in die tand word) speel soos nog ʼn oud-Sharkskaptein Keegan Daniel nou Vodacombekerrugby.

Lubabalo Mtembu, Daniel, Botes, Marcel Coetzee, Willem Alberts, Jean Deysel en Ryan Kankowski is in die groep.

Drie van die Sharks se vier losskakels is ook jongelinge wat as “opgepot” beskou kan word. Benewens Pat Lambie is daar die jongelinge Frederik Zeilinga en ook Hansie Graaff (ook ʼn heelagter) en Tim Swiel wat die afgelope ses maande op die Sharks se boeke verskyn. En natuurlik Frans Steyn, wat tien dae gelede van senter af binnetoe nadergetrek is toe Lambie nie kon speel nie.

Swiel, jong ster van die WP se o. 21′s, was verlede naweek net op die Vodacombekerspan se plaasvervangerbank.

Die Stormers

Die Stormers is ook met goeie diepte in die meeste posisies geseën. Die losskakels Peter Grant, Demetri Catrakillis, Gary van Aswegen en Kurt Coleman se name verskyn op hul amptelike groeplys vir Superrugby.

Is Coleman en Van Aswegen nie ook jonges wat reeds op die ashoop gegooi is nie?

Ondanks ses slotbeserings is daar die naweek darem nog twee gehaltespelers soos Michael Rhodes en die jong Ruan Botha.

Agterlangs is daar onder die driekwarte ook volop diepte. Kyk maar na die senters Jean de Villiers, Juan de Jongh, Damian de Allende en Michael van der Spuy.

Voorlaasjaar was daar, buiten die teenwoordigheid van Gio Aplon, Joe Pietersen, Bryan Habana en die jong Matievleuel Danie Poolman in die agterste driehoek, ook uitgereik na Gerhard van den Heever van die Bulls. Die Jong Poolman is gebruik en nooit weer van gehoor nie. Dit geld ook die senter Marcel Brache.

Op stut het die Stormers bulle soos Patrick Cilliers, Brok Harris, Oli Kebble, Steven Kitshoff, Frans Malherbe en Martin Dreyer. Die voorste ses losvoorspelers sluit Schalk Burger, Nizaam Carr, Deon Fourie, Siya Kolisi en Duane Vermeulen in.

Die afgelope jare se gebruik van “leenspelers” soos Leeuhaker Martin Bezuidenhout, Schalk Britz, Jebb Sinclair en Sailosi Tagicakibau dui dalk daarop dat die Bulls na aan die oplossing vir diepte en beserings is.

Sonder om in diepte die ietwat sukkelende Crusaders se spelersgroep te ontleed, val dit tog op dat hulle in die afwesigheid van Dan Carter hulle ander DRIE losskakels – Tyler Bleyendaal, Tom Taylor en Colin Slade – reeds vanjaar speelkans gegee het.

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

9 Comments

  1. avatar Boertjie says:
    March 23rd, 2014 at 8:14 pm

    This should make more people happy, yes?

  2. avatar Jacques Nortier says:
    March 23rd, 2014 at 8:25 pm

    Nee oom dit behoort ons te wys dat ons probleem groter is as wat meeste gedink het.

  3. avatar Jacques Nortier says:
    March 23rd, 2014 at 8:25 pm

    Nee oom dit behoort ons te wys dat ons probleem groter is as wat meeste gedink het.

  4. avatar Boertjie says:
    March 23rd, 2014 at 11:11 pm

    Was dit die Bulls wat ‘n klompie jare terug DRIE(?)
    Springbokhakers gehad het?

  5. avatar Cheetah Glory says:
    March 23rd, 2014 at 11:33 pm

    Is dit nie dalk hoekom in sokker daar so baie kampionskappe gelyk run nie – justify groot sqauds en geld hou aan inrol.

    Imagine as saam met Super Rugby ons ook Lion Cup en Currie Cup moes speel?

    Nou vergelyk Chelsea, wat op selfde tyd Carling Cup, Premier league en Champions League speel.

    Sy moerse spelers groep kry almal top klas game maar al 3 kampionskappe trek groot geld.

    By ons is dit Super rugby elke saterdag saam Vodacom cup wat niemand kyk nie. Dan is dit CC elke Saterdag en dan TRC elke Saterdag.

    Hoekom speel ons nie Cup kompetisie Woensdae nie? Dan is daar ewe skielik n nuwe produk wat baie TV kry want daar is nie kompetisie nie.

    Anyways dis wat sokker doen, en hulle generate a kakhuis meer geld as rugby.

    Selfs in noorde word daar baie meer rugby op Vrydae en Sondae gespeel. Dit ‘spread’ bietjie die games beter en gee extra revenue deur advertensie

  6. avatar out wide says:
    March 24th, 2014 at 2:15 am

    Feit is dat die veeleisende Superprogram vereis dat ‘n franchise genoeg reserwekrag móét hê vir rotasie en as hy sy hoop op sukses en oorlewing wil behou.

    Very true .. so I wonder what the writer’s opinion is away from defending the Bulls and on the matter of SA getting a SIXTH franchise?

  7. avatar Aldo says:
    March 24th, 2014 at 6:54 am

    This article is absolute drivel, might as well have been written by me in it’s absolute effort to defend the Bulls. And ladies and gentleman, I dont write articles because I am about as abjective as a Lion could be when asking him to be a vegetarian.

    Oh mr Writer, that is 3 superrugby championships not 2.

  8. avatar DavidS says:
    March 24th, 2014 at 7:26 am

    @Boertjie:

    Nee die Sharks

    @Cheetah Glory:

    They do… players not used from the SR squad are regularly released for VC and Varsity Cup game time

  9. avatar Aldo says:
    March 24th, 2014 at 12:30 pm

    Boertjie, as oom Boer tegnies wil raak het die Bulle 3 gehad, maar dit was gary, lank na sy beste op daai stadium, Ralepele wat bench duty by bokke gedoen het en Maku wat eintlik maar net getoer het en nooit regtig gespeel het nie (1 of 2 wedstryde dink ek). So dit is bietjie laag die standaarde, maar ja 3 bok hakers.

Switch to our mobile site