Heyneke lig die sluier

May 15, 2014
Posted by

Hy is dalk aan’t bles word, maar Schalk Burger bly op 31 ’n rugby-Simson. – Stephen Nell van Die Burger hoe Meyers  se opsies daarna uitsien

Schalk

En die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het opgelet dat dié veteraan van 68 toetse puik rugby in die Super-reeks speel.

“Ek is baie beïndruk deur Schalk. Hy speel regtig goeie rugby. Hy kan baie opsies bied en ons sal hom beslis sterk oorweeg. Hy is ’n ervare speler en ’n sterk leier,” het Meyer gister aan Die Burger gesê.

Burger was in die Stormers se wedstryde teen die Highlanders en die Bulle ’n groot uitblinker, met sy rol wat aangepas is om meer spelskeppend met die bal in die hand te wees.

Terwyl Meyer sy kaarte styf teen sy bors hou, kan die beserings aan sterk baldraers soos Pierre Spies, Juan Smith en Arno Botha dalk die keurders se aandag op Burger vestig vir Junie se stryde teen ’n Wêreld-vyftiental, Wallis en Skotland.

Japanse Bokke

Suid-Afrika se voorste spelers wat in Japan speel – die buitesenter Jaque­ Fourie, die skrumskakel Fourie du Preez en die vleuel JP Pietersen – is almal beskikbaar vir die Junie-wedstryde.

Du Preez, wat in 2013 sporadies beskikbaar was, behoort vanjaar meer vir die Bokke in die Rugby-kampioenskap te kan speel.

Fourie sal net ’n klein rol kan speel, terwyl Pietersen en die agtsteman Ryan Kankowski nie vir dié reeks beskikbaar is nie.

Die slot Andries Bekker is nie vanjaar enigsins beskikbaar nie.

Ervaring of jeug?

Terwyl daar jong spelers is wat vanjaar hul kleim in die Super-reeks afgesteek het, het Meyer benadruk dat dit belangrik is om met ’n ervare kern te volhard.

“Daar is net 18 toetse vir ons oor voor die Wêreldbeker-toernooi afskop, so dis belangrik om nou met ’n groep te volhard.

“  ’n Ou wil nie nou te veel verander nie. Spelpeil in die Super-reeks is belangrik, maar jy weet ook wat jy aan spelers het. Jy kan nie elke jaar baie verander nie.

“Hierdie jaar is van kritieke belang. Ek sal daarna weet wie Wêreldbeker-toernooi toe sal gaan. Ek wil nie aanstaande jaar nóg nuwe spelers kies nie.”

Nr. 10

Terwyl daar gissings is dat Morné Steyn se spelpeil in Frank­ryk nie watwonders is nie, het Patrick Lambie se besering Meyer waarskynlik met geen ander opsie gelaat as om hom die nr. 10-trui te laat aantrek nie. “Ek glo nie ’n mens moet elke jaar radikaal verander nie. Mense het byvoorbeeld in my eerste jaar, in 2012, gesê dat ek nie vir Bryan Habana moet oorweeg nie en hy was op die ou end Suid-Afrika se Speler van die Jaar. Dis my werk om die beste uit spelers te haal.”

Min tyd… en taai

Meyer het die groep vir die Wêreld-vyftiental wat gister aangekondig is vir 7 Junie se stryd op Nuweland as “ongelooflik sterk” beskryf. “Ons gaan min tyd hê om voor te berei, so dit gaan baie taai wees.

“Dis positief én negatief. Die positiewe ding is dat jy onmiddellik sal weet waar jy staan voor die eerste toets teen Wallis. As daar ’n wekroep is, moet dit dan so wees.

“Op dié tydstip is die uitgangspunt ’n speler moes ten volle van ’n besering herstel het, en om die sterkste moontlike span te kies.”

Skop en aanval

Terwyl hy die klem op goeie taktiese skopwerk sal plaas, wil Meyer volhard met die aanvallende rugby wat in 2013 in die Rugby-kampioenskap 23 drieë in ses wedstryde opgelewer het.

“Ons wil voortbou op verlede jaar se aanvallende rugby. Dit neem tyd om jou ritme te vind, maar ons wil dinge probeer en graag ’n goeie vertoning lewer.”

Groen-en-Goud vir Schalk?

Indien die Springbok-keurders vir Schalk Burger in hul groep vir Junie se wedstryde kies, sal hy die eerste keer sedert 2011 se verlore Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Australië die Groen-en-Goud dra.

Burger, wat in 2012 eers ’n ernstige kniebesering en daarna bakteriële breinvliesontsteking die hospitaal opgedoen het, het verlede jaar op 27 September, in die Westelike Provinsie se Curriebeker-wedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs in Bloemfontein, tot rugby teruggekeer.

 

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

3 Comments

  1. avatar DavidS says:
    May 15th, 2014 at 6:13 pm

    Brendon will now hysterically whinge that he is too old to play rugby and he is giving the next best player no chance and making him emigrate and he is keeping the Under 14 Grey seven from getting an opportunity…

    I feel for Meyer though…

    This is going to be a horror season for the Boks with the amount of injuries suffered by ALL the SA sides’ best players… if he survives this season as coach he will win RWC…

  2. avatar Cheetah Glory says:
    May 15th, 2014 at 11:10 pm

    @DavidS:

    I am a burger fan since he developed into a link player. If you read my posts and not go hysterical you would have seen me say 2 weeks ago that my trio will be Brussouw, Burger and Alberts.

  3. avatar DavidS says:
    May 16th, 2014 at 8:07 pm

    You have some sensible things to say occasionally Brendon… somewhat like Chaos Theory predicts if you give a moonkkey a type writer and let him type forever eventually he will type the “Compleat Works of Shakespeare”.

    I would not select Alberts but Juan Smith as a lineout jumper add on other than that I agree.

    However the other areas are horrifyingly short on staff. Technically if one looks at the Lions scrum it has completely dominated SR… however do we really have props that can seriously man up to the opponents in TRC?

    Same for locks… same for an eighth man and in all honesty only Schalk Burger has shown he should be plaing TRC for the Boks.

    Out of the whole new crop…

    No 9,10,12,13,11,14,15 has shown any inclination whatsoever to replace the incumbent players… and even the incumbents have shown no foorm which indicates they should retain their positions…

Switch to our mobile site