Ellende tref De Allende

June 2, 2014
Posted by

Damian de Allende – wat na ‘n waarskynlike keuse gelyk het – moes hom weens die kniebesering wat hy teen die Sharks gekry het aan die Springbokgroep onttrek. Marnitz Boshoff vervang hom.

Die 22-jarige senter van die Stormers se skandering het getoon dat hy tussen vier en ses weke sal moet uitsit, wat beteken dat hy al vier die Springbokke se wedstryde in Junie sal misloop.

“Dis ‘n groot terugslag vir Damian en ons is almal baie teleurgesteld,” het Heyneke Meyer gesê. “Hy was in goeie vorm en ek het dit ernstig oorweeg om hom vir die inkomende toer te gebruik.”

Meyer het gesê Boshoff was een van die ongelukkiges wat in die finale groep uitgeval het.

“Maar selfs sonder Jaque Fourie en Jean de Villiers het ons nog goeie diepte in die middelveld. Dit is hoekom ons op Boshoff besluit het. Dis ‘n goeie geleentheid vir ‘n speler wat ek al jare lank ken. Almal weet sy skopskoen is sekuur, maar ek was baie beïndruk met die wyse waarop hy die Lions se wedstryd teen die Bulls beheer het.

Boshoff sluit hom Dinsdag by die groep aan.

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

4 Comments

  1. avatar Jacques(Bunny) says:
    June 2nd, 2014 at 6:33 pm

    Een se dood is die ander se brood…Boshoff verdien dit

  2. avatar Morné says:
    June 2nd, 2014 at 9:57 pm

    Broken for De Allende, he would have been capped I am sure. Happy for Marnitz though.

  3. avatar Boertjie says:
    June 3rd, 2014 at 2:01 am

    Good things comes to those who wait.
    He’ll get there, really feel sorry for the bloke.

  4. avatar Bekke says:
    June 3rd, 2014 at 8:28 am

    Ironic that he got injured in a game where I thought he actually held back a lot – obviously he knew already that he was in final group. But yes, hopefully he can even improve more and not get worse (like Kolisi after a good season last year).

Switch to our mobile site