Heyneke lig die sluier

June 4, 2014
Posted by

There is a lot of sound reasoning behind the Springbok coach’s plans with the first Bok team of the year.

JP Pietersen se skuif na senter kan dalk permanent wees as die proefneming teen die Wêreldspan ‘n sukses is.

Die Springbok afrigter, Heyneke Meyer, het ook die sluier gelig oor hoe hy sy spelers op die bank Saterdag op Nuweland wil aanwend.

Meyer is in soveel woorde beïndruk deur die Cheetahs se vleuel, Cornal Hendricks, dat Pietersen se skuif na die middelveld dalk permanent kan wees. Pietersen self het te kenne gegee dat hy dit verkies om buitesenter te speel.

“Ek het dit nie geweet voor ons man-tot-man-geselsie nie. Hy het al vir die Sharks daar gespeel en dit is sy posisie in sy Japanse klubspan. Hy sê hy geniet dit en dit gee my terselfdertyd geleentheid om na Cornal te kyk,” het Meyer gesê.

Hendricks het gesê dis soos ‘n droom wat bewaarheid is om in dieselfde agterste drie as Willie le Roux en Bryan Habana te speel.

“Bryan was hierdie week ‘n groot kalmerende invloed en ek en Willie ken mekaar al lank. Ons kom albei uit die Boland en het saam gespeel vir die SA Akademie.”

Omdat die wedstryd nie toetsstatus het nie, gee dit aan Meyer die kans om ‘n paar spelers met verdrag weer in die span bloot te stel. Dit geld iemand soos Fourie du Preez, wat hom op die bank bevind al is hy een van die onderkapteins (saam met Bismarck du Plessis).

“Eintlik het Ruan Pienaar ook weer pas begin speel, maar hy is baie fiks. Die spelers het hiermee saamgestem,” het Meyer gesê. Hy sal waarskynlik dieselfde resep met Bakkies Botha en Flip van der Merwe volg.

Terselfdertyd sal Morné Steyn op losskakel begin en met Johan Goosen vervang word. Goosen sal waarskynlik in die opdrafspan vir die eerste van twee toetse teen Wallis wees.

” ‘n Week gelede wou ek met Goosen begin, maar die beserings in die middelveld het my van plan laat verander,” het die breier aan Rugby 365 gesê.

“Ek weet Frans Steyn het al baie binnesenter vir die Bokke gespeel, maar hy het dit nie onlangs gedoen nie. Goosen het self in 2012 laas ‘n toets gespeel. Met Frans en JP op senter, dink ek dis beter om met Morné te begin.”

Post to Twitter Post to Facebook Post to MySpace

2 Comments

  1. avatar Morné says:
    June 5th, 2014 at 8:39 am

    So the Sharks played him out of position? Damn guppies.

  2. avatar Americano says:
    June 5th, 2014 at 9:14 am

    Hope for Lambie?
    Only if he becomes a Cheetah.

Switch to our mobile site