Home SA Unions / Teams Cheetahs loop leeg

Cheetahs loop leeg

7
SHARE

As Adriaan Strauss vir die Bulls gaan speel, sal hy hom by ‘n hele spul spelers voeg wat die Vrystaatse span gaan verlaat.

Trevor Nyakane en Lappies Labuschagne soek ook ander weivelde. Nyakane sou na die Bulls gegaan het, maar die Stormers bie ook vir sy dienste, terwyl Labuschagne vir die Sharks of die Bulls kan gaan speel.

Verlede week het die Cheetahs Johan Sadie (Japan), Phillip van der Walt (Biarritz) en Johan Goosen (Racing Metro) afgestaan.

Ander spelers wat hul vertrek bevestig het, is Hennie Daniller (Italië), Riaan Smit (Frankryk), Ligtoring Landman (Newport en Gwent Dragons), Nick Schonert (Engeland), Kevin Luiters (OP Kings) en Andries Ferreira (wat saam met Daniller vir Zebre gaan speel).

Aan die positiewe kant het die Cheetahs die dienste van die Lionskrumskakel Willie du Plessis bekom. Die middelveldspeler Piet Lindeque het sy kontrak opgesê om te gaan boer en dit lyk of Coenie Oosthuizen sy kontrak sal hernu.

Facebook Comments

7 COMMENTS

  1. Jammer ons kon nie ‘n paar Johannesburg toe lok nie…

    15. Coenie van Wyk
    14. Deon van Rensburg
    13. Stokkies Hanekom
    12. Alwyn Hollenbach
    11. Anthony Volmink
    10. Marnitz Boshoff
    9. Ross Cronje
    8. Warren Whiteley
    7. Warwick Tecklenburg
    6. Jaco Kriel
    5. Franco van der Merwe
    4. Franco Mostert
    3. Julian Redelinghuys
    2. Robbie Coetzee
    1. Schalk van der Merwe

    16. Armand van der Merwe
    17. Jacques van Rooyen/Corne Fourie
    18. Ruan Dreyer
    19. Willie Britz
    20. Derick Minnie
    21. Faf de Klerk
    22. Elton Jantjies
    23. Lionel Mapoe

    ReplyReply
  2. Net noem Willie is ‘n losskakel en dis nie goeie nuus dat hulle hom bekom het nie.

    Die Sharks en Bulle het hom al laat gaan en die Leeus het hom naas Jantjes en Boshoff gespeel…

    Hy beskik oor geen BMT nie soos die VC finaal gewys het.

    ReplyReply
  3. Naka het oorsee gegaan om van afrigting
    te leer.
    Dalk bietjie laat?

    Wys net weer ons het net drie spanne wat
    in die SS kan meeding sonder om skande
    te maak.

    ReplyReply
  4. I sure hope SARU comes up with a revenue sharing system soon. Starting from scratch every year must really suck.

    Considering the obstacles, Naka and his assistants are perhaps the best coaching team in SA.

    ReplyReply
  5. @Timeo: It is not all about money, last year Cheetahs got into play-offs and I can not think of one player that left….they were winning, this year they have lost as many as what they were winning last year and players leave…..

    Players want to play winning rugby…..

    ReplyReply