Home Super Rugby ‘Superrugby is op pad uit’

‘Superrugby is op pad uit’

7
SHARE

Daar heers ernstige kommer dat `n gebrek aan spelers van gehalte en `n voortspuitende verwatering in die mededingendheid die Superugbyreeks in 2016 kan laat doodloop.

Maroela Media

The Sydney Morning Herald bespiegel dat daar weens die volgehoue stroping van die Suide se skatkis van talent deur ryk Noordelike klubs een van die faktore sal wees. Ander redes is:

♦Die uittrede van veterane ná afloop van die Rugbywêreldbeker

♦Die onbeskikbaarheid van party topspelers vanweë die Olimpiese Spele se seweskompetisie

♦Die toevoeging van drie nuwe franchise’e eenvoudig nie genoeg gehaltespelers sal laat om die reeks se peil te handhaaf nie en dat dié wat oorbly oor ‘n `n wye front versprei sal wees.

Die vooruitsig vir die reeks is die swakste in sy bestaan van twee dekades, sê die blad. Spelers soos Richie McCaw, Dan Carter, Ma’a Nonu, Keven Mealamu, Tony Woodcock, Bismarck du Plessis, Victor Matfield, Jean de Villiers, Duane Vermeulen en Adam Ashley-Cooper is reeds onder die voorste toetsspelers wat òf gaan uittree òf `n goue handdruk in Europa of Japan sal najaag. Nog sal in die komende maande na vore tree.

Saam met die toenemende stroom jonger spelers en afgeronde Superrugbyspelers wat koers vat na die geldpotte van Europa lyk dit reeds of die talent die dunste in die bestaan van Superrugby sal wees.

“Die probleem word verskerp deur die Olimpiese Spele wat sal veroorsaak dat manne soos Sonny Bill Williams, Liam Messam en dalk Julian Savea weens sewesverpligtinge grootliks vir die reeks verlore sal wees,” sê die Herald.

Met `n sesde SA span en nuwe franchise’e in Argentinië en Japan is daar ‘n wesenlike gevaar dat die spelertalent so dun versprei sal word dat die reeks in duie stort.

Wat Australië betref, sê die blad, baar die spel se wankelrige toekoms verdere kommer, veral omdat dit toenemend veld teen ander voetbalsoorte verloor.

Ashley-Cooper, Scott Higginbotham, Sekope Kepu, Nic White en James Horwill is op pad en die Aussies is wanhopig om Will Genia, Quade Cooper, Kurtley Beale en Israel Folau te behou wanneer hul kontrakte einde vanjaar verval.

Rugbybase in die Suide aanvaar dis hoegenaamd buite die kwessie om met die Noordelike beursies te wil probeer meeding, en dat hulle ander planne sal moet maak.

Facebook Comments

7 COMMENTS

  1. Ja maar dis wat hulle op hulleself gebring het deur die kompeitisie aanhoudend uit te brei. Dis die Aussies se skuld. Hulle wil dit aanhou uitbrei om meer televisie dekking te bekom sodat rugby groter kan raak so in plaas van twee baie sterk spanne het hulle nou vyf swakkes.

    Dit was John O’ Neill wat SR wou verander in ‘n plaaslike kompetisie vir Austtraliese rugby.

    In SA oortref SR steeds nie die Currie Beker in terme van belangstelling nie. Ons maak egter goeie geld uit SR uit.

    Die probleem as ek die llaaste paar naweke na Europese rugby kyk is dat ons selfs spelers wat bv goeie Vodacom en Varsity Cup spelers is wat moontlik nie ‘n Bok gaan word nie maar miskien SR sal haal nou in Europa speel en hulle kompetisies verbeter. Die gevolg is ons verloor selfs middelmatige spelers wat spanne soos Griekwas, Pumas, Valke, kan gebruik om kompeterend te wees…

    Wie onthou die laat 90s toe sppelers soos Anton Leonard vir GGriekwas gespeel het, toe ‘n jjong Voc Matfield by Griekwas was en Adi Jacobs vir die Valke gespeel het. En dit was hulle senior spanne. Spelers soos dit is moontlik nie Bok gehalte gewees toe nie maar hulle was baie goeie spelers wat weens gehalte nie by die “groot” spanne kon speel nie maar hulle het ons plaaslike kompetisies regtig sterk gemaak. In daardie dae HET die Bulle en “Cats” en Sharks spelers getrek van kleiner unies af vir SR en die ouens het na die tyd terug gegaan.

    ReplyReply
  2. @DavidS:

    David, alhowel ek saamstem met die punt wat jy maak, moet ons ook verantwoordelikheid vat vir die super rugby se groei.

    Ons dring elke keer aan wanneer die televisie regte hernu word op nog ‘n span. Super 12 was vir my die ideale kompetisie, maar met die groei na Super 14 het ons die geleentheid gebruik om die Cheetahs en Lions te split.

    Vir Super 15 het ons probeer om die Kings in te kry, maar misluk deurdat die franchise aan Melbourne gegaan het. As ons elke keer daarteen gestem het kon ons dalk die kompetisie beheerbaar gehou het, maar SARU was maar te gretig om die te vergroot. Soos die huidige aandring op 6 spanne vir SA.

    ReplyReply