Home Rugby Administration André Watson in die sop

André Watson in die sop

120
2
SHARE

Die blaser André Watson is by Saru in die sop oor sy beweerde afknouerige en intimiderende optrede teenoor westrydbeamptes.

Watson het luidens betroubare bronne verlede Donderdag voor ‘n Saru-komitee wat ook Jurie Roux en vier skeidsregters ingesluit het, verskyn.

Netwerk24 berig voorts dat Watson TV-skeidsregters glo met rustyd kontak om hul beslissings te loof of te kritiseer. Wedstrydbeamptes voel dis onvanpas.

Watson se rol in die vertrek van die blaser Rasta Rasivhenge is ook onder die loep. Hy was ontevrede oor sy vergoeding en sy min blootstelling en het sy loopbaan verlede jaar in Australië gaan voortsit.

Saru se verklaring op 13 Oktober – dat hy op sabbatsverlof in Australië is – is glo alles behalwe die waarheid.

’n Bron binne Saru het die kwessie as “ uiters sensitief” beskryf en gesê daar is “ernstige aantygings” wat ondersoek word. Saru wou nie amptelik kommentaar lewer nie.

Watson is steeds in sy pos. Hy het navrae na Saru verwys.

2 COMMENTS