Die pot noem die ketel swart

76
11
SHARE

Die einste Peter de Villiers wat vandeesweek ’n striemende rasse-aanval op Heyneke Meyer geloods het, het hom vyf jaar gelede gesoebat om sy sukkelende span te help brei.

Rapport verneem Peter de Villiers, Meyer se voorganger as Bokafrigter, het in 2010 na Pretoria gereis om Meyer te vra om sy voorspelerafrigter te word.

Meyer het dié aanbod van die hand gewys en het die leisels later by De Villiers oorgeneem, ná een van die Bokke se mees rampspoedige Wêreldbekertoernooie (in 2011).

De Villiers het vandeesweek in ’n koerantrubriek gesê Meyer “het die intelligensie van swart Suid-Afrikaners onderskat” met sy spankeuse vir die afgelope Rugbykampioenskap en veral met sy beginspan vir die verloortoets verlede naweek in Durban teen Argentinië.

Dít het gevolg op ’n uitbarsting deur Tony Ehrenreich, Cosatu se uitgesproke Wes-Kaapse sekretaris, oor die beweerde gebrek aan transformasie in die Bokspan.

Tog het Meyer se 23-tal vir dié toets een etniese swart speler in die beginspan gehad en drie op die plaasvervangersbank – meer as wat De Villiers in sy hele Wêreldbeker-groep in 2011 ingesluit het.

Meyer is die afgelope week wyd gekritiseer omdat hy in ’n onsuksesvolle proefneming Jesse Kriel as vleuel ten koste van Cornal Hendricks en Lwazi Mvovo vir die stryd in die Haaitenk gekies het.

Maar selfs De Villiers sal weet dat spankeuses soms ’n moeilike balanseertoertjie is. Sedert 2008 het De Villiers byvoorbeeld Percy Montgomery, Frans Steyn en Pat Lambie as heelagters gekies, maar Zane Kirchner en Gio Aplon min ingespan.

In 2011 se Wêreldbeker het Jaque Fourie as De Villiers se eerste keuse op buitesenter diens gedoen en moes Juan de Jongh met net 26 minute se speeltyd in die hele toernooi tevrede wees. In dieselfde Wêreldbeker-toernooi het De Villiers ook gereeld die skrumskakel Francois Hougaard op vleuel ingespan, terwyl Odwa Ndungane en Aplon moes toekyk.

Talle van die “spelers van kleur” wat De Villiers tussen 2008 en 2011 gekies het – soos Kirchner, Bryan Habana, Bjorn Basson, Ndungane, Heini Adams, Chiliboy Ralepelle en Gurthrö Steenkamp – is boonop deur Meyer by die Bulle gewerf en afgerig.

Facebook Comments
SHARE

11 COMMENTS

  1. @BC:
    Nee, nie ingeteken nie. Kan jy dit dalk opsom?

    Latest utterance by the King of Fools:
    Springbok victory proves that a mixed team is better – COSATU WCape
    Tony Ehrenreich |
    16 August 2015

    ReplyReply
  2. This shit is not worth my time nor my comments anymore…The clowns in politics must stick to there circus which I care absolutely nothing about….

    Laai jou Afrikaans BC….

    ReplyReply
  3. Well, HM is going to sukkel getting enough players of colour to WC.
    I’ve always rated Mvovo, also well ahead of JPP and glad he got
    a chance.
    But I can’t really see Kolisi, Carr, Scarra Ntubeni, De Jongh, Jantjies, Mohoje etc. making the team.
    He’ll be well off with Nykane, Beast, Mvovo, Kirchner, Habana and Hendricks in
    the squad. (BTW De Allende is white, Spanish father). That gives 6/31.
    Boks did not look at all well in the second half and still haven’t mastered the
    most devastating attack weapon, the off-load.
    I’ll remember Etzebeth’s corner flag tackle for a long time – doing the job of
    the (two) loosies. (I don’t count Alberts as a loosie.) Etzebeth played centre at school, man showed his pace.
    P-S du Toit has recovered at the right time, I don’t think Flip vd Merwe is good enough.

    ReplyReply