SHARE

Some very interesting views by Eddie Jones in a chat to Hanlie Retief of Rapport newspaper. Sorry, no translation. Julle Souties moet maar suffer

Vir Meyer het Jones emmersvol ¬simpatie. “Ek het gedink die Bokspan gaan blom met Handré Pollard. Maar al die beserings versteur die balans. Daar’s ’n gaping. Die jonger spelers het nie genoeg ervaring om te lei nie. Die ervare, ouer spelers se brandstof raak op. Heyneke het ’n moeilike balanseertoertjie.”

“Ás ek Bokafrigter was . . . Ek sou eerste Fourie du Preez op skrumskakel sit en die hele wedstrydplan om hom bou. Maak staat op hom om die spel te beheer, maak seker hy’t losvoorspelers wat kan hardloop met die bal. Willem Alberts is ’n kernspeler.

“Ook: Maak seker Fourie is gemaklik met die losskakel. Ek sal altyd vir Pollard kies. Hy’t ’n paar vrot wedstryde gehad, maar hy’s goed, jonk en sterk. Pat Lambie is ’n meer passiewe losskakel as Pollard, hy staan minder vlak. Die Bokke is altyd beter as hulle van die voorvoet af speel. Pollard bring dit.”

“So: Fourie en Pollard op 9 en 10, die puik Damian de Allende op 12 en De Villiers op 13, want hy’s steeds die beste verdedigende senter ter wêreld. Jesse Kriel is nie ’n 13 nie – dis een van die moeilikste posisies in rugby, en hy’t min ervaring daar. Al sy Superrugby was op 15.”

“As Fourie du Preez nie speel nie, is die Bokke betreklik maklik om te lees. Daar’s min oëverblindery, jy weet of hulle met hul voor- of agterspelers gaan aanval.

“Fourie is een van die beste besluitnemers in die wêreld, hy reageer geweldig vinnig op ’n verdediger. Sonder hom was ons verdediging teen hulle soveel makliker.”

“Sedert 2007 wou ek nog altyd teruggaan Suid-Afrika toe. Suid-Afrikaanse spelers is sulke goeie atlete. Groot, vinnig en honger. Wat meer wil ’n afrigter hê as spelers soos Etzebeth, Du Toit en De Allende?”
(Jones gaan die Stormers afrig.)

Facebook Comments
SHARE

32 COMMENTS

  1. We’ve had two world beaters in the last 20 years: Joost and Fourie. Two very different players. I suppose if you MUST choose, the vote will go to Fourie?

    ReplyReply
  2. @Boertjie: Fourie is a legend. Tactically superior to Joost. To me Joost was the greatest of all. A supreme athlete and one of the most courageous and competitive players to play the game. No scrumhalf could break like him.
    My favourite player of all time(dont laugh) was Slapchips, he played 3rd team rugby at school and was never the the most physically gifted player but made it at to the highest level by being smart and backing himself to be innovative and try things. A real underdog that played above himself

    ReplyReply
  3. @Morné: dis waar, daar is so baie voorbeelde van spelers en hul families wie se lewens deur rugby verander is, Aswin Willemse en Siya Kolisi ander. Rugby kan n geweldige positiewe inpak op iemand he, al is dit klubrugby

    ReplyReply
  4. @bryce_in_oz: Of all times. To me it is a travesty that in the 2007 Bryan Habana got awarded player of the year when it should have been Fourie Du Preez. The same with 2009 when vaginal discharge McCaw won it becaus ethe IRB was sorry for the All Blacks’ bad period and the man who SHOULD have won was Fourie Du Preez.

    To my mind he is the best #9 ever to play the game to date.

    ReplyReply
  5. Fourie over Joost any day of the week and twice on Sundays. Great respect for Joost, but like many of the old players, I think he would have struggled in the current game.

    ReplyReply
  6. Daar was/word in die gange van Loftus dievolgende vertel oor Fourie. (Hoorspraak vanuit monde van 3 Bul O/21 spelers)

    Fourie het as O/19 speler NA die O/19span oefeninge en ook beide jare O/21 wanneer hy nie in senior-groep was nie – op die Hoofpaliviljoen gaan sit en notas gemaak oor die senior-groep se oefeninge.
    Die vertelling is dat hy dit nie nu-en-dan gedoen het nie – maar dat dit Die Reel – was aangaande hom.
    Hierdie was/is as Standaard aan die youngsters oorgedra ten opsigte van Professionele Gesindheid – by junior-spelers.

    ReplyReply