Home General Discussions Absa los Bokke, Curriebeker

Absa los Bokke, Curriebeker

11
SHARE

Die Springbokke is skynbaar hul hoofborg kwyt. Sunday Times het Sondag berig dat Absa, wat die nasionale rugbyspan se titelborg is, Saru Vrydag ingelig het hy gaan sy borgskap nie hernu nie.

’n Saru-woordvoerder het aan Netwerk24 gesê die organisasie gaan nie kommentaar lewer voor onderhandelinge rondom borgskappe voltooi is nie. Dis onduidelik met watter borge tans onderhandel word.

Volgens Sunday Times het die stadige pas van transformasie in dié sport ’n rol in die besluit gespeel.

Absa se groephoof vir bemarking en korporatiewe sake, Bobby Malabie, het in ’n brief aan Jurie Roux, Saru-bestuurshoof, gesê Absa het ná “uitgebreide samesprekings” besluit om sy borgskap te laat verval.

Die voorgenome borgskap beloop glo nagenoeg R100 miljoen per jaar vir die Springbokke en R600 miljoen in geheel vir vier jaar.

Absa het reeds onttrek as borg van die Curriebeker-kompetisie. Die nuutste verwikkelinge sal ook gevolge hê vir Saru se ander spanne, insluitend die sewesrugbyspan en die vroue- en juniorspanne.

Sunday Times berig voorts dat Absa op soek is na meer regeringskontrakte en dat sy verbintenis met rugby nie bevorderlik vir dié verhouding is nie.

Ingeligtes het aan Netwerk24 gesê die besluit deur Absa hou verband met dié bank se noue verbintenis met sy houermaatskappy, Barclays. “Daar is ook dinge op daardie front aan die gebeur.”

Daar word al ’n geruime tyd bespiegel dat die Absa-handelsnaam eersdaags deur Barclays s’n vervang sal word.

 

 

Pieter du Toit, Netwerk24

Facebook Comments

11 COMMENTS

  1. Tranformasie is soos apartheid die maklike uitweg vir slapgatte soos ABSA…

    In Africa seker die mees useless bank in Barclays, ABSA niks beter in SA…

    Hulle het vroeer die jaar al gese hulle loop weg en soek nou verskoning….idiots

    ReplyReply
  2. Don’t know the story however I have always been happy with absa.
    Can’t say I blame them.
    They pay big money for what?
    Third place?
    A loss against countries like Japan and Argentina?
    With 40 mil to its floundering coach.
    Cut of their money is a brilliant strategy.

    ReplyReply
  3. Is walking away = a contract ending?

    Anyway, ABSA is a bank slowly in decline, so naturally they will be looking for excuses to save some money here and there.

    The scum would let millions of people starve to please their shareholders, so I doubt they really care about transformation.

    ReplyReply
  4. Grootbul –
    can’t see the decline-on the contrary.
    Can you be more specific?
    As for their shareholders wanting maximum returns
    that is pretty normal in any shareholder.
    What does the Bokke offer?
    Japan?
    Argentina?
    5 years of losses to AB
    The odd win against Aus.
    Relief when we beat Wales ?
    Would you sponsor them ?
    I wouldn’t.

    ReplyReply
  5. Grootbul –
    can’t see the decline-on the contrary.
    Can you be more specific?
    As for their shareholders wanting maximum returns
    that is pretty normal in any shareholder.
    What does the Bokke offer?
    Japan?
    Argentina?
    5 years of losses to AB
    The odd win against Aus.
    Relief when we beat Wales ?
    Would you sponsor them ?
    I wouldn’t
    Let who starve?
    Which millions?
    .

    ReplyReply
  6. Africa is always fucking starving.
    Despite billions to pounds /dollars/euros over the years given as aid in multiple ways.
    Billions.
    Sooner or later,those who are aiding become gatvol .

    ReplyReply