Net 2 Bokke was fiks

98
4
SHARE

Net twee van die 30 Springbokke op verlede jaar se toer na Europa het hul fiksheidstoets geslaag.

Hendrik Cronje

Dié skokkende feit het op die lappe gekom nadat die land se Superrugby-afrigters en hul kondisioneringsafrigters op ’n beraad die gebrekkige fiksheid van spelers onder die loep geneem het.

Onder die Springbok-voorspelers het net die slot en flank Pieter-Steph du Toit aan die vereiste fiksheidsvlak voldoen. Piet van Zyl, een van die skrumskakels in die toergroep, was die enigste Bok-agterspeler wat die toets kon slaag.

Die halfgebakte kondisionering van so ’n groot getal van die Springbokke is egter nie splinternuut nie. Voorverlede jaar het dit op die lappe gekom dat slegs enkele van die Springbokke wat voor die wedstryd teen die Wêreldspan op Nuweland fiksheidstoetse afgelê het aan die vereiste standaard voldoen het.

Kenners hamer al lank op die feit dat die Springbokke nie toetsfiks is nie en te dikwels in die tweede helfte uitsak wanneer teenstanders die stamina het om met hoëspoed-spel te volhard.

Die kondisionering van Suid-Afrika se spelers word nou as ’n hoë prioriteit gestel nadat die Bokke se krag- en kondisioneringsafrigter, Warren Adams, saam met Allister Coetzee, Stephan du Toit (Stormers), Johan Pretorius (Haaie), Quintin Kruger (Cheetahs), Cash van Rooyen (Leeus), Nadus Nieuwoudt (Southern Kings) en Henri-Charl Terblanche (Bulle) oor spesifieke vereistes ooreengekom het waaraan die Bokke voortaan moet voldoen.

Daar sal van die Super-spanne se kondisioneringsafrigters verwag word dat die spelers, insluitend die Bokke, aan die nodige vereistes voldoen voordat hulle hul by die Bok-kamp aansluit.

Die kondisionering van spelers wat oorsee speel en vir nasionale diens opgeroep word, is nog ’n vraagstuk omdat hulle nie gemonitor kan word nie.

Beter samewerking word ook ná verlede jaar se afrigter-indaba tussen die land se Super-afrigters en die Bok-kamp verwag.

Die pakt tussen die nasionale bestuurspan en die Superrugby-bestuurspanne is egter hoofsaaklik tot die verbetering van vaardighede en die kondisionering van die spelers beperk. Daar is geen voorskrifte oor hoe die Super-spanne moet speel nie.

Die Super-afrigters het eerder ingestem om weekliks tyd aan die vaardighede van die spelers af te staan. Dit sal onder meer duikwerk, aangeewerk, hardlooplyne en baldravermoë in kontak insluit. Daar is steeds toetsspelers wat nie ewe goed na links en regs kan aangee nie.

Die Super-afrigters en die Bok-bestuur het reeds einde verlede jaar oor die vereistes besluit.

Die dae is lankal getel dat die Bokke groter en sterker as hul teenstanders is. Daarom sal daar voortaan soveel meer klem op individuele vaardighede gelê word.

Spelers soos byvoorbeeld ’n Jan Serfontein sal ook aangemoedig word om met dieselfde vryheid as op skolevlak te speel.

Die dae van gerekenariseerde spelers is getel, word gesê.

Facebook Comments
SHARE

4 COMMENTS

  1. “Spelers soos byvoorbeeld ’n Jan Serfontein sal ook aangemoedig word om met dieselfde vryheid as op skolevlak te speel.”

    After 3 years of being told to run into people he must now flip a switch and play the way he used to? Another pearler of a comment. This guy really was a brilliant prospect when he played for the junior Boks, only to be stuffed up by our esteemed coaching brainstrust in this country.

    ReplyReply
  2. Put all their heads on the block. conditioning should be a given.

    maybe I give the Bok a skip, my tvs are gebreek and my blood pressure can’t take another year of this shit.

    ReplyReply