Home Super Rugby Bulle se All Black-SOS

Bulle se All Black-SOS

9
SHARE
I apologise to our non Afrikaans members. I couldn’t find an English version of this article. This was reported on Netwerk24.

’n All Black gaan nou die Bulle help om hul rugby reg te ruk.

Wayne Smith, Dave Rennie, Graham Henry en Tony Brown, al vier top-afrigters in Nieu-Seelandse rugby, word deur die Bulle geteiken om Nollis Marais as hoofafrigter te adviseer en by te staan met die vernuwing wat die Superrugby-franchise glo van hom weer ’n gerekende rugbykrag sal maak.

DIE BULLE WIL DOELBEWUS IEMAND BETREK WAT TANS DEEL VAN DIE BINNEWERKING VAN NIEU-SEELANDSE RUGBY IS.

’n Onberispelike bron het dié week aan Rapport bevestig dat die Bulle hoop om een van dié vier All Blacks as ’n konsultant Loftus Versfeld toe te lok. Gesprekke is reeds begin om een van die vier deel van die Bulle se voorbereiding te maak.

“Die Bulle beplan allermins om weg te beweeg van die sterk punte van Suid-Afrikaanse rugby,” het die bron gesê.

“Die modewoord is eerder kruisbestuiwing. Hulle wil by die beste leer om hulle weer een van Suid-Afrikaanse en Bok-rugby se steunpilare te maak. Bok-rugby is gesond as die Bulle en die Westelike Provinsie sterk is; gaan kyk gerus terug na die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby.”

Die Stormers was die eerste Suid-Afrikaanse span wat hom tot die kundigheid van ’n top-Kiwi-breier gewend het. Hulle het die gewese hulpafrigter van die Blues, Paul Feeney, aangestel.

“Die Bulle wil doelbewus iemand betrek wat tans deel van die binnewerking van Nieu-Seelandse rugby is. Die Bulle glo dat hulle op die regte pad is, maar soek nog daardie skakelaar wat hulle sal laat kliek.”

Smith, Rennie en Brown lyk na die drie voorste kandidate omdat hulle nog in alle fasette van afrigting betrokke is.

Rapport verneem dat John Plumtree se naam ook as ’n kandidaat genoem word om as ’n konsultant deur die Bulle betrek te word. Geen gesprekke het egter nog tussen dié gewese afrigter van die Haaie en die Bulle plaasgevind nie.

Nieu-Seelandse afrigters is wêreldwyd in aanvraag. Vern Cotter (Skotland, Montpellier), Warren Gatland (Wallis, Britse en Ierse Leeus) en Joe Schmidt (Ierland) is almal op internasionale vlak as breiers betrokke by toetsspanne.

* Wayne Smith

Wayne Smith word as een van die skerpste rugbybreine ter wêreld beskou. Hy is tot ná vanjaar se Rugbykampioenskap die All Blacks se aanvals- en verdedigingsafrigter. Hy was ’n hulpafrigter van Steve Hansen toe die All Blacks die Wêreldbeker in 2011 en 2015 gewen het. In 2000 en 2001 was hy die hoofafrigter van die All Blacks.

Dié voormalige All Black-losskakel het in 1998 en 1999 as hoofafrigter van Canterbury en die Crusaders sy merk as Super 12-kampioen gemaak.

* Dave Rennie 

Dave Rennie het Wellington in 59 wedstryde as ’n senter verteenwoordig.

As afrigter het hy eers sukses behaal met die All Blacks se o.20-groep wat van 2008 tot 2010 onder hom die wêreldkampioen was.

As hoofafrigter van die Chiefs het sy Superspan in 2012 en 2013 die reeks gewen.Rennie, wat ook vroeër genoem is as ’n moontlike keuse om Allister Coetzee as Springbok-afrigter te vervang, sal vanaf die einde van die jaar die Skotse klubspan Glasgow Warriors se hoofafrigter wees.

* Graham Henry

Graham Henry is ’n voormalige All Black-hoofafrigter wat deesdae grootliks as ’n konsultant by spanne betrokke is. Leinster en die Jaguares is die mees onlangse spanne by wie hy betrokke was. Hy word ook soms deur Nieu-Seelandse spanne betrek.

Die hoogtepunt van sy loopbaan was toe die All Blacks onder sy afrigting die Wêreldbeker in 2011 verower het. Hy het verskeie ander spanne soos Auckland, die Blues, Wallis en die Britse en Ierse Leeus afgerig.

* Tony Brown

Tony Brown is ’n voormalige All Black-losskakel en word as een van die wêreld se voorste aanvallende afrigters beskou.

Sy loopbaan as afrigter het by die klubspan Panasonic Wild Knights begin.

Nadat hy van 2013 een van die Highlanders se hulpafrigters was, is hy vanjaar as die hoofafrigter aangestel.

Leave a comment

9 COMMENTS

  1. Ok, idea is good, but the names mentioned are all involved with team and have contracts in place (apart from Henry). How are the Bulls targeting them? Or is this more of a wishlist?

  2. No shame.
    Just shows that a drowning man will grasp on to ANYTHING to save him from the depths.
    Even a snake.
    Only thing that can save ZeeBulls is a proper Exorcism.

  3. @Craven:

    Wishlist more like it…

    They should bring Todd Louden out of retirement… they were the best they have ever been under him and Heyneke….

  4. @bryce_in_oz: Bulls should do their utmost to get both of those back.

    Bulls had sit down with most of the caches mentioned, but it was just on consultant basis. The Bulls need an experienced DOR to get back where they belong. All the consultants in the world wont fix bad coaching.

  5. @Aldo:

    Aldo, will the management at Loftus be open to getting Heyneke back, or has he burned his bridges over there? He did take almost their entire coaching staff with him when he left.

  6. Jake the snake could be a good fit – just think of all the Montpelier guys he can bring back

  7. @Bekke: Bekke, actually we are in need of someone with Jake’s expertise. He focusses on basics, which have been left wanting at the Bulls. SO he would be perfect fit.

    @Craven: Sadly, I think the Heyneke bus has passed. For all his faults as national coach, I maintain that he is one of the best coaches we have in SA.

  8. @Aldo:

    Agreed, at a provincial level where he has extended time with the players, he will actually be able to coach guys to play how he wants them to play. As we saw with the Bulls and at the Boks in 2013, when he gets it right, it is pretty spectacular.

Comments are closed.