Home Columnists Terug na stap nul

Terug na stap nul

12
SHARE

Kan dit waar wees? Kan twee afrigters van totale teenoorgestelde pole hulle in dieselfde posisie vind op dieselfde stadium van hulle loopbane?

In my relatiewe kort tyd as ’n skrywer oor rugby in Suid-Afrika het ek genoeg rimpelkringe in my lewe ontmoet, maar nog nooit so baie in so kort tydperk in die wêreld van rugby joernalistiek soos in die afgelope twee maande nie.

Natuurlik verstaan ek dat meeste van hulle koerante moet verkoop of seker maak dat jou gemiddelde rugby ondersteuner hulle webtuistes besoek in belang van hulle adverteerders, maar die vlak van verkleurmannetjie opinie en skynheiligheid waarna party van hulle daal is werklik bekotsenswaardig.

In 2008 moes ek tot vervelens to lees hoe belaglik ou Snorre was om die vermetelheid te hê om voor te stel dat die Bokke ’n nuwe, meer opwindende era van rugby moet ingaan waar spelers vryheid gegee sal word om vir hulself te dink – net vir dieselfde narre om nou te gaan skryf dat Heyneke Meyer se konserwatiewe speelstyl afgesaag en argaïes is.

Wragtig kêrels, wat soek julle nou eintlik?

In 2008 was daar ’n nasionale kreet om ervare spelers asseblief terug te bring in die Bok groep (ja party het self gevra dat Jake White moet terugkom) om sens terug te bring na ons rugby en nou kan mense nie wag om onervare jongelinge in toetsrugby in te donner om te kyk of hulle sal dryf nie.

In 2008 was daar gebid dat ons enige wen kry, al is dit ’n lelike wen, en nou is daai selfde mense bereid om toets wenne prys te gee in belang van jong spelers toets ervaring te gee.

Selfs to ou Snorre vir die Aussies ’n almagtige pak slae op Ellis Park gegee het in 2008 was daar ’n gejuig dat die man uiteindelik besef het gestruktureerde rugby is enigste manier wat ons manne rugby kan speel.

My argument is nie dat óf Snorre óf Heyneke die wenresep het nie, maar wel dat dit vir enige afrigter tyd gaan vat om die regte balans te vind.

Natuurlik is tyd ’n relatiewe konsep as jy Bok afrigter is, jy word eenvoudig nie baie daarvan gegun nie, maar waar ons verkleurmannetjie opinies van een uiterste na die ander uiterste beweeg so vinnig as wat die wind draai in die Kaap, sal dit nie beter wees as ons die man aan die stuur tyd gee om die balans te vind wat iewers tussen die opinies van 2008 and 2012 lê nie?

Kan ek miskien verwag van rugby skrywers en ondersteuners om hulle emosionele hoerberoertes oor Springbok rugby in te perk, vir die potensiële rugby-metamorfose wat ons al in glo van 1995 af, kan ondergaan as ons net die man ’n blerrie kans gee?  Dit is tog die man wat almal aan die stuur wou gehad het is dit nie?

Miskien is dit te veel gevra, veral as ek sien hoe elke rugby kenner nie kan wag om ’n 20-jarige laatie, wat nog nie eens ’n volle Super Rugby seisoen agter die rug het, as hulle volgende rugby-prins of redder te bekroon nie.

Leave a comment

12 COMMENTS

  1. Morne ek wil net se jou afrikaanse berigte is goed om te lees, alhowel jou engelse van dieselfde ghalte is, kan mens jouself net beter uitdruk in Afrikaans.

    Rimpelkringe – Briljant.

    Hoerberoertes – uitstekend.

    PS. Ek belowe om net n’ hoerberoerte kry oor die 20% van dei gameplan en nie die 80% wat almal dieslfde speel nie.

  2. NIce one,

    The biggest problem for HM is he lost one of the worlds best Captains, Locks x 2, scrummy and centre, not to mention to injury Schall, Jaun.

    I think becuase we were used tohave John, Vic, Bakkie, schall, Juan and Jacque their for the best part of 8 years we did not realized what these chaps did for the team.

    To expect, Hougie, Jeandre, Bekker and the others to just fill the position and go on were these legends left off is unfair.

    I was one who did not understand an liked HM selections against England and Championship, but understand the problems the man sits with.

    We have a big hole to fill and yes we have brilliant younsters and I still believe HM will bring them in. I would rather have him wait until later than pulling a Gaffie again on these yongsters.

    Their are a few players which I do not see playing Bok rugby next year anymore and he will replace them with young men.

    I am still excited to see what he is going to do and wait players who are injury’s will add to this team.

    Great piece Morne and congrats on number two and three :wave:

  3. Yep and am one of those emotional outburst but always do prefer to give some one the opportunity to prove himself. History and hysteria will tell in time.

    Good luck HM and I wish you the most successful coach in history of rugby.

    Oh yeah well written. Thanks.

  4. Nice article and very well written.

    I do agree with the notion that the Bok coach be allowed time to develop and implement a playing style, fair enough, but to watch the type of rugby we are playing at the moment is “bekotsenswaardig”.

    Even if we win (like my Stormer team did) playing this unattractive rugby, is this really what we as a rugby supporting nation want?

    Maybe I am starting to sound like an Ausie, but where is the adventure, the daring-do, the swashbuckling spirit of running with the ball and trying things?

    What is the main reason we started playing this game we all love? It is a great, beautiful game, and when it is played well it really gets the blood pumping.

    To be honest, I am enjoying the Currie Cup games much more than the current “test rugby” that is dished up every week. The way the youngsters are playing Currie Cup at the moment creates a great spectacle. Yes I know the standard is well below test rugby and blah-blah-blah, but it is great to watch and it is ENTERTAINING.

    If we want to grow the game we have to have an entertaining product. I watch rugby in my free time, it competes with other activities for my time and attention. Why would I keep watching unimaginative, boring slugfests where guys run into each other half of the time and for the other half they kick the ball away?

  5. To some extend, we could give Pivvie and Jake some time to settle their selections and gameplans, since both of them were not involved with serious local rugby before they took over. What I find so farking irritating is that Hak Hak has been involved on senior level in SA rugby for quite a while, yet he is STILL unable to grasp simple issues. Having been close to these players for a while, surely any decent coach should know that Spies is a jippogat, Morne is skytbang, Jean kan nie tackle nie, Duan kan nie ‘n fokken bal vang nie, Bismarck never passes and Kirchner is plain kak?

  6. Reply to Bekke @ 3:05 pm: I actualy like Duan and Biskak, Biskak is for me the worlds bets number 2 by far, his pro’s are far better than his passing game, Duan had his first test dude, let’s give the man a change.

    On Morne and Zane, he trust in them so live by teh sword and die by the sword as they say, he will have to make a move one time on another on players who do not perform. But frankly I do not like to change teams every weekend just because you can.

    Gaan nie eers praat oor Jean en Spies nie want almal is gatvol vir hulle kak.

    Kom ons kyk hoe vaar hulle teen die nommer een span in die wereld, want self die NZ het gekak teen die Argies tot die ref ‘n geelkaart gegee het vordat hulle begin driee druk het.

    Ek is geduldig soos ‘n krok, kyk eers wat gebeur tot en met die eide van jaar toer

  7. Kan HM die spelers dan nie maar net leer
    om nie dieselfde ding oor en oor en oor
    te doen nie?
    ‘n Blinde man kan die volgende beweging
    raai.

  8. DavidS, r u saying DoR at bulls is “not involved” in rugby then? And Jake was involved at Lions only after his Bok job, wasn’t he? At hooker I actually rated the Chill Boy, but not sure what happened to him. They should play Spies at 4 where it will be more difficult to jippo (just ask Bekker

  9. I’ll be very generous and assume that it is not the same media and fans that wanted more structure then and less now.

    Or is it? :bangheadt:

Comments are closed.